factograf
AF

Skopje

Skopje

Key facts

bevolking422 540
oppervlakte571km²
is 'ngroot stad, toeriste bestemming, hoofstad
landRepubliek Noord-Masedonië
hoogte bo seevlak251m
geleë in tydsoneUTC+01:00
'n Uitsig oor Skopje
'n Uitsig oor Skopje
Nasa-Satellietbeeld van Skopje
Nasa-Satellietbeeld van Skopje
5 images

Skopje

Kaart Wapen
Vlag
 Land  Noord-Masedonië
 Koördinate 42°0′N 21°26′O / 42.000°N 21.433°O
 Stigting 146 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 571,46 vk km
 Hoogte bo seevlak 240 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2002) 506 926
 - Bevolkingsdigtheid 890/vk km
 Etniese groepe:  
 - Macedoniërs 66%
 - Albaniërs 20%
 - Roma 4%
 - Ander 21%
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Koce Trajanovski
 Amptelike Webwerf skopje.gov.mk

Skopje (Macedonies: Скопје, [ˈskɔpjɛ],) is die hoofstad en grootste stad van Noord-Masedonië. Dit is die land se politieke, kulturele, ekonomiese en akademiese sentrum. Dit was in die Romeinse tydperk bekend onder die naam Scupi. Skopje is net suid van die grens tot Kosovo en Serwië geleë.

Die grondgebied van Skopje bestaan al sedert ten minste 4000 v.C.; oorblyfsels van die Neolitiese nedersettings is in die ou Kale-vesting, wat uitkyk oor die moderne middestad, gevind. Op die vooraand van die 1ste eeu n.C., is die nedersetting in beslag geneem deur die Romeine en het dit 'n militêre kamp geword. Toe die Romeinse Ryk in Oos- en Weshelftes verdeel word in 395 n.C., kom Scupi onder die Bisantynse heerskappy van Konstantinopel. Gedurende die grootste deel van die vroeë Middeleeuse tydperk was die dorp 'n geskilpunt tussen die Bisantyne en die Bulgaarse Ryk, wie se hoofstad dit was tussen 972 en 992. Vanaf 1282 was die dorp deel van die Serwiese Ryk en sy hoofstad vanaf 1346. In 1392 is die stad verower deur die Ottomaanse Turke wat die dorp na Üsküp herdoop. Die dorp bly onder Ottomaanse beheer vir 500 jaar, waartydens dit dien as die hoofstad van Üsküb en later die Vilayet van Kosovo.

In 1912, word dit deur die koninkryk van Serwië geannekseer tydens die Balkanoorloë en ná die Eerste Wêreldoorlog word die stad deel van die nuutgestigde Koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene (Koninkryk van Joego-Slawië). Tydens die Tweede Wêreldoorlog word die stad verower deur die Bulgaarse Leer, wat deel van die Spilmoondhede was. In 1944 word dit die hoofstad van die Demokratiese Masedonië (later Sosialistiese Republiek Masedonië), wat 'n federale staat vorm as deel van die Demokratiese Federale Joego-Slawië (later Sosialistiese Federale Republiek Jugoslawië).

Die stad het vinnig ontwikkel ná die Tweede Wêreldoorlog, maar hierdie groei word onderbreek in 1963 toe dit deur 'n rampspoedige aardbewing getref is. Sedert 1991 is dit die hoofstad van 'n onafhanklike Noord-Masedonië.

Internasionale verhoudings

Skopje is daarna ook aangemoedig:

Susterstede

Vennootskappe

Eksterne skakels

Read next

In 172 languages

afаԥсшәаAcèhAlemannischአማርኛaragonésالعربيةالدارجةمصرىasturianuKotavaazərbaycancaتۆرکجهбашҡортсаBasa BaližemaitėškaBikol Centralбеларуская (тарашкевіца)беларускаяBetawiбългарскиभोजपुरीবাংলাབོད་ཡིགbrezhonegbosanskicatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄нохчийнCebuanoکوردیqırımtatarcačeštinaсловѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟчӑвашлаCymraegdanskDeutschZazakidolnoserbskiΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomivõroføroysktfrançaisNordfriiskFryskGaeilgeGàidhliggalego𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺GaelgHausa客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीFiji HindihrvatskihornjoserbsceKreyòl ayisyenmagyarհայերենinterlinguaBahasa IndonesiaInterlingueIdoíslenskamedžuslovjanskyitaliano日本語JawaქართულიKongoKumoringқазақша한국어کٲشُرkurdîкомиkernowekLatinaLadinoLëtzebuergeschLingua Franca NovaLigurelombardlingálalietuviųlatviešuмокшеньMalagasyMāoriMinangkabauмакедонскиമലയാളംмонголमराठीBahasa MelayuMaltiэрзяньمازِرونیNederlandsnorsk nynorsknorskNovialoccitanlivvinkarjalaиронਪੰਜਾਬੀPapiamentupolskiPiemontèisپنجابیΠοντιακάپښتوportuguêsRuna Simiromani čhibromânăarmãneashtiрусскийрусиньскыйсаха тылаsardusicilianuScotsسنڌيdavvisámegiellasrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishslovenčinaslovenščinachiShonashqipсрпски / srpskisvenskaKiswahiliślůnskiதமிழ்тоҷикӣไทยTagalogtolışiTürkçeтатарча / tatarçachiTumbukaудмуртئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvènetovepsän kel’Tiếng ViệtWest-VlamsVolapükWinarayWolof吴语მარგალურიייִדישYorùbáZeêuws閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article