factograf
AF

aanlyn bewaarplek van beeld-, klank- en ander medialêers wat gratis gebruik kan word; deel van die Wikimedia-ekosisteem

Wikimedia Commons

Wikimedia Commons
All data from the card 6
Tipe webwerf
Wiki
Beskikbaar in
Meertalig, hoofsaaklik Engels
Eienaars
Wikimedia-stigting
URL
http://commons.wikimedia.org/
Registrasie
Opsioneel
Huidige status
Aktief

Die Wikimedia Commons (ook bekend as die "Commons" of "Wikicommons") is 'n versameling vrye beelde, opnames en ander multimedialêers. Dit is 'n projek van die Wikimedia-stigting. Lêers wat by hierdie versameling opgelaai word kan deur al die ander Wikimediaprojekte gebruik word, insluitende Wikipedia, Wikibooks en Wikinews.

Hoe om beelde te gebruik

Beelde wat opgelaai is na Wikimedia Commons kan deur al die ander Wikimedia projekte gebruik word; die sintaks is dieselfde as vir plaaslike beelde. Indien 'n plaaslike beeld met dieselfde naam reeds bestaan, sal dit gebruik word, andersins sal die een vanuit Commons gelaai word.

Geskiedenis

Groei van Wikimedia Commons. Lêernommers met verloop van tyd.
Groei van Wikimedia Commons. Lêernommers met verloop van tyd.

Die projek is op 7 September 2004 gestig. Teen November 2004 het dit reeds die mylpaal van 10 000 opgelaaide medialêers bereik. Dit was ook die eerste Wikimedia-projek wat weergawe 1,4 van die MediaWiki-sagteware gebruik het.

Tale

Die hooftaal vir die Commons is Engels, maar die koppelvlak kan via gebruikersvoorkeure verander word om enige ander taal te gebruik (insluitend Afrikaans). Verder word sommige van die bladsye ook na ander tale vertaal.

Kopiereg

Sedert 2004 laat Wikimedia Commons nie meer lêers toe wat onder nievrye lisensies vrygestel word nie, insluitend lisensies wat kommersiële gebruik van die materiaal beperk, asook media wat onder billike gebruik val. Lisensies wat toelaatbaar is sluit in GFDL, Creative Commons (slegs sekeres) en publieke domein.

Fotogalery

Beeld van die jaar 2006: Poolligte oor die Bear Lake in Alaska (Verenigde State) – soos gesien op 18 Januarie 2005.
Beeld van die jaar 2006: Poolligte oor die Bear Lake in Alaska (Verenigde State) – soos gesien op 18 Januarie 2005.
Beeld van die jaar 2007: Die Broadway-toring is 'n siergebou wat uit 1797 dateer en geleë is op Broadway-heuwel naby die dorpie Broadway, in Worcestershire, Engeland, in die Cotswolds. Die toring se basis is 312 meter bo seespieël en die toring self is 17 meter hoog. Op 'n mooiweersdag kan dertien graafskappe van Engeland van die bokant van die toring gesien word. Die uitsig sluit in die Severn-vallei tot by die Walliese berge.
Beeld van die jaar 2007: Die Broadway-toring is 'n siergebou wat uit 1797 dateer en geleë is op Broadway-heuwel naby die dorpie Broadway, in Worcestershire, Engeland, in die Cotswolds. Die toring se basis is 312 meter bo seespieël en die toring self is 17…
Beeld van die jaar 2008: Twee perde (Equus ferus caballus) op die Bianditz-berg in Navarra, Spanje, met die Aiakoberg in die agtergrond.
Beeld van die jaar 2008: Twee perde (Equus ferus caballus) op die Bianditz-berg in Navarra, Spanje, met die Aiakoberg in die agtergrond.
Beeld van die jaar 2009: 'n Sikh-pelgrim naby die Goue Tempel (Harmandir Sahib) in Amritsar, Indië.
Beeld van die jaar 2009: 'n Sikh-pelgrim naby die Goue Tempel (Harmandir Sahib) in Amritsar, Indië.
Beeld van die jaar 2010: 'n Laser word gestuur tot die sentrum van die Melkweg vanuit die koepel Yepun van die Paranalsterrewag op die gelyknamige berg in Chili.
Beeld van die jaar 2010: 'n Laser word gestuur tot die sentrum van die Melkweg vanuit die koepel Yepun van die Paranalsterrewag op die gelyknamige berg in Chili.
Beeld van die jaar 2011: Die Bondhusmeer in Noorweë.
Beeld van die jaar 2011: Die Bondhusmeer in Noorweë.
Beeld van die jaar 2012: Twee Europese byvreters (Merops apiaster) in die Franse department Ariège.
Beeld van die jaar 2012: Twee Europese byvreters (Merops apiaster) in die Franse department Ariège.
Beeld van die jaar 2013: Die wolframdraad brand met ’n vlam in die gloeilamp.
Beeld van die jaar 2013: Die wolframdraad brand met ’n vlam in die gloeilamp.
Beeld van die jaar 2014: Twee Julia-skoenlappers (Dryas Iulia) drink die trane van skilpaaie (Podocnemis expansa?) in Ecuador.
Beeld van die jaar 2014: Twee Julia-skoenlappers (Dryas Iulia) drink die trane van skilpaaie (Podocnemis expansa?) in Ecuador.
Beeld van die jaar 2015: Pluto in donkerder kleure om sy eienskappe duideliker te vertoon, soos waargeneem deur Nasa se New Horizons-ruimtetuig op 14 Julie 2015.
Beeld van die jaar 2015: Pluto in donkerder kleure om sy eienskappe duideliker te vertoon, soos waargeneem deur Nasa se New Horizons-ruimtetuig op 14 Julie 2015.
Beeld van die jaar 2016: Jubilee en Munin, twee van die Londense Tower se kraaie, soos op 30 April 2016.
Beeld van die jaar 2016: Jubilee en Munin, twee van die Londense Tower se kraaie, soos op 30 April 2016.
Beeld van die jaar 2017: Phyllomedusa rohdei is 'n spesie in die familie van boompaddas en is deur 'n oranje-pers-kleuring in die lies gekenmerk. In die prentjie wedywer twee mannetjies vir 'n tak en een klim oor die ander.

12 images

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons se Afrikaanse tuisblad

Read next

In 164 languages

afAlemannischaragonésÆngliscالعربيةܐܪܡܝܐالدارجةمصرىঅসমীয়াasturianuаварअवधीazərbaycancaتۆرکجهбашҡортсаBoarischžemaitėškaбеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиBislamaBanjarပအိုဝ်ႏဘာႏသာႏবাংলাবিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরীbrezhonegbosanskiBatak Mandailingcatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄нохчийнCebuanoکوردیčeštinaчӑвашлаCymraegdanskDeutschडोटेलीΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraestremeñuفارسیsuomifrançaisfurlanGaeilgeGàidhliggalegoગુજરાતીHausa客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीhrvatskimagyarհայերենinterlinguaBahasa IndonesiaIgboIlokanoíslenskaitaliano日本語JawaქართულიQaraqalpaqshaадыгэбзэқазақшаភាសាខ្មែរಕನ್ನಡ한국어کٲشُرRipoarischkurdîкыргызчаLatinalombardlingálalietuviųlatgaļulatviešuMadhurâमैथिलीMalagasyолык марийMāoriMinangkabauмакедонскиമലയാളംмонголमराठीBahasa MelayuMaltiမြန်မာဘာသာمازِرونیPlattdüütschनेपालीNederlandsnorsk nynorsknorskSesotho sa LeboaChi-Chewaoccitanଓଡ଼ିଆиронਪੰਜਾਬੀKapampanganPapiamentupolskiپښتوportuguêsRuna SimiromânăрусскийрусиньскыйᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤScotsسنڌيsrpskohrvatski / српскохрватскиတႆးසිංහලSimple EnglishslovenčinaslovenščinaanarâškielâSoomaaligashqipсрпски / srpskiSundasvenskaKiswahiliதமிழ்ᥖᥭᥰ ᥖᥬᥲ ᥑᥨᥒᥰతెలుగుтоҷикӣไทยTagalogtoki ponaTok PisinTürkçeXitsongaтатарча / tatarçaудмуртукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvènetoTiếng ViệtWinaray吴语მარგალურიייִדישYorùbáVahcuengh文言閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文isiZulu

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article