Die Kadjar-dinastie (; Persies: سلسله قاجار, Selsele-ye Qājār, Azerbeidjans: Qacarlar قاجارلر) was 'n Irannese koninklike dinastie van Turkse oorsprong, spesifiek van die Kadjar-stam. Dit het van 1789 tot 1925 oor Iran regeer. Die Kadjar-familie het in 1794 volle beheer oor Iran geneem deur Lotf 'Ali Khan, die laaste sjah van die Zand-dinastie, af te sit en Irannese heerskappy oor 'n groot deel van die Kaukasus te herstel. In 1796 het Aga Mohammed Khan die stad Mashhad maklik verower en 'n einde gebring aan die Afsjarid-dinastie. Mohammed Khan is toe amptelik as sjah gekroon ná sy strafveldtog teen Iran se Georgiese onderdane.
In die Kaukasus het die Kadjar-dinastie in die loop van die 19de eeu baie van Iran se integrale gebiede aan die Russiese Keiserryk afgestaan, insluitende die hedendaagse Georgië, Dagestan, Azerbeidjan en Armenië.
Kadjar-sjahs van Persië, 1789-1925
| Naam | Portret | Titel | Gebore-oorlede | Bewind begin | Bewind eindig | |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 1 | Mohammed Khan Kadjar | Khan Sjah |
1742-1797 | 1789 | 17 Junie 1797 | |
| 2 | Fat′h-Ali Sjah Kadjar | Sjahansjah Khagan |
1772-1834 | 17 Junie 1797 | 23 Oktober 1834 | |
| 3 | Mohammed Sjah Kadjar | Khagan seun van khagan | 1808-1848 | 23 Oktober 1834 | 5 September 1848 | |
| 4 | Naser al-Din Sjah Kadjar | Zell'ollah ("Skaduwee van God op aarde") Qebleh-ye 'ālam ("Spil van die Heelal") Islampanah ("Toevlugsoord van Islam") |
1831-1896 | 5 September 1848 | 1 Mei 1896 | |
| 5 | Mozaffar ad-Din Sjah Kadjar | 1853-1907 | 1 Mei 1896 | 3 Januarie 1907 | ||
| 6 | Mohammed Ali Sjah Kadjar | 1872-1925 | 3 Januarie 1907 | 16 Julie 1909 | ||
| 7 | Ahmad Sjah Kadjar | 1898-1930 | 16 Julie 1909 | 31 Oktober 1925 | ||
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kadjar-dinastie.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
