factograf
AF

Vlag van Iran

Vlag van Iran

Key facts

datum van stigting of ontstaan29 Julie 1980
is 'nnasionale vlag
landIran
All data from the card 5
Bynaam
Driekleurvlag
Gebruik
Nasionale vlag en vaandel
Verhouding
4:7
Goedgekeur
29 Julie 1980
Ontwerp
’n Horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Irannese embleem in rooi op die middelste wit baan. Die takbir (“الله اکبر”) verskyn 22 keer op die binnerande van die groen en rooi bane.

Die nasionale vlag van Iran is op 29 Julie 1980 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Irannese embleem in rooi op die middelste wit baan. Die takbir ((ar) “الله اکبر”, (af) “God is Groot”) verskyn 22 keer op die binnerande van die groen en rooi bane.

Ontwerp

Vlag met kompas-en-reguit konstruksie
Vlag met kompas-en-reguit konstruksie

Kleure

Die kleurskema word hieronder gelys:


Kleurskema
Groen Wit Rooi
RGB 35/159/64 255/255/255 218/0/0
Heksadesimaal #239f40ff #FFFFFF #da0000ff
CMYK 78/0/60/38 0/0/0/0 0/100/100/15

Geskiedenis

Vlag van Iran gedra deur die Persiese afvaardiging gedurende Mohammed Reza Beg se besoek aan Versailles, Augustus 1715
Vlag van Iran gedra deur die Persiese afvaardiging gedurende Mohammed Reza Beg se besoek aan Versailles, Augustus 1715
Vlag van Iran gedurende Fath Ali Sjah se heerskappy in die vroeë 19de eeu, afgebeeld deur Drouville
Vlag van Iran gedurende Fath Ali Sjah se heerskappy in die vroeë 19de eeu, afgebeeld deur Drouville
Vlag van die Pahlavi-dinastie voor die 1979-Rewolusie
Vlag van die Pahlavi-dinastie voor die 1979-Rewolusie
3 images

Vlae, standaarde en baniere was nog altyd belangrike nasionale en imperiale simbole vir Iraniërs in tye van oorlog en vrede. Xenophon het geskryf dat Kores die Grote se standaard ’n goue arend met oopgespreide vlerke aan ’n lang steel was.

Hoewel die hemelliggaam en dierefiguur langdurige en onafhanklike geskiedenisse in Irannese heraldiek het, is die bekendste simbool van Iran in die afgelope eeue die Leeu-en-son-motief wat ’n grafiese uitbeelding van die astrologiese kofigurasie van die son in die sterreteken Leo is. Laat in die negentiende eeu is die leeu-en-son-motief gekombineer met ’n kromswaardmotief en op ’n driekleur van groen, wit en rooi gesuperponeer. Hierdie vlag het met klein wysigings die amptelike vlag gebly tot die Irannese Rewolusie in 1979.

Achaemenidiese Ryk

Gedurende die Achaemenidiese era, veral in die tyd van Kores die Grote, was die Persiese imperiale vlag vierkantig en soos ’n vlieër in vier gelyke driehoeke verdeel met twee kleure afwisselend.

In die opgrawings by Persepolis het argeoloë op ’n standaard afgekom waarop ’n goue arend of sjahbaz met oopgespreide vlerke afgebeeld is. Die huidige oortuiging is dat dit die amptelike simbool van Iran onder Kores die Grote en sy opvolgers was.

Sassanidiese Ryk

Tydens die Sassanidiese Ryk was die imperiale vlag ’n vierkantige stuk leer oordek met ’n dun sylaag waarop juwele versier is met ’n vierpuntige ster in die middel wat die vier uithoeke van die wêreld aangedui het. Dit is dieselfde ster as Akhtare Kaviani (“die Kaviaanse ster”) waarna Ferdowsi in die epiese Sjanama (“Boek van Konings”) verwys. Die vlag was groter as die oorspronklike Derafshe Kaviani-skort en is van ’n spies gehang waarvan die punt bo uitgesteek het. Aan die onderste rand was geel, magenta en skarlakenrooi tossels met groot pendantjuwele. Die vlag is vernietig deur die invallende Moslemse Arabiere na die beslissende nederlaag van die Sassanide tydens die Moslemse verowering van Persië.

Islamitiese Iran

Die Sassanidiese staat het geval met die opkoms van ’n Islamitiese ryk in die Midde-Ooste. Aangesien Islam die figuurlike en uitdruklike simbole as afgodery streng verbied, is alle tradisionele embleme wat in Irannese vlae gebruik is, weggelaat. Gedurende hierdie periode het Iran een spesifieke vlag gebruik nie maar Islamitiese baniere is wyd in gebruik geneem.

Ghaznawid-dinastie

Mahmud van Ghazni (998–1030) het die simboliese uitdrukking op die Irannese vlag heringestel; die weergawe wat hy ontwerp het, het ’n goue skyf op ’n swart agtergrond bevat. ’n Tweede vlag wat aan die Ghaznawid-dinastie toegeskryf word is ’n silwer sekelmaan en pou op ’n groen agtergrond.

Safawide-dinastie

Die Safawide-dinastie (1501–1736) het drie groen vlae gebruik, elk met ’n ander embleem. Ismail I, die eerste Safawide-koning, het ’n groen vlag met ’n goue skyf gebruik. In 1524 het Tahmasp I die skyf met ’n simbool van ’n skaap en son vervang; hierdie ontwerp is tot 1576 gebruik. Ismail II was daarna die eerste om die leeu-en-son-motief te gebruik wat in goud op ’n groen baan geborduur is. Hierdie ontwerp was in gebruik tot aan die einde van die Safawide-tydperk. Gedurende hierdie periode het die leen en son die twee pilare van die gemeenskap (die staat en geloof) voorgestel. Hoewel verskeie alams en baniere deur Safawide gebruik is (veral tydens die heerskappy van die eerste twee konings) het die leen en son teen die tyd van Sjah Abbas I een van die gewildste embleme van Iran geword.

Die Safawidiese interpretasie van die simbool was na oorlewering ’n kombinasie van geskiedkundige legendes soos die Sjanameh, stories van profete en ander Islamitiese bronne. Vir die Safawide het die koning (sjah) twee funksies gehad: hy was heerser en ’n heilige. Hierdie dubbelrol is gesien as die koning se erfenis wat afgelei is van Djamsjid, die mitiese stigter van die antieke Persiese koninkryk, en Ali, die eerste Sjia Imam. Djamsjid is geassosieer met die son en Ali met die leeu (van sy bynaam “Leeu van God”). Die korrespondensie is moontlik oorspronklik gebaseer op ’n geleerde interpretasie van verwysings in die Sjanameh na “die Seun van Iran” en “die Maan van die Turaniërs”. Sedert die sekelmaan as die dinastiese (en uiteindelik nasionale) embleem van die Ottomaanse sultans, die nuwe vorste van Rûm, aanvaar is het die Safawide van Iran, wat ’n behoefte aan ’n embleem gehad het, die leen-en-son-motief gekies. In die Safawidiese wêreld het die son voorts ook ’n belangrike betekenis gehad omdat hulle tyd deur ’n sonkalender bepaal is, in teenstelling met die Arabies-Islamitiese maankalenderstelsel. In die diereriem word die son ook aan Leo gekoppel; vir die Safawide het die leeu en son die dubbele betekenis van die heerser en heilige figuur van die sjah (Djamsjid en Ali) oorgedra, die heuglike astrologiese konfigurasie wat die kosmiese paar en die aardse – koning en imam – byeenbring.

Ten opsigte van die Safawide se begrip van die leeu-en-son-motief het Shahbazi voorgestel dat “die Safawide die leeu as voorstelling van Imam ʿAlī geherinterpreteer het en die son as tiperend van die ‘glorie van geloof’, ’n plaasvervanger vir die antieke farr-e dīn.” Hulle het die antieke konsep van Godgegewe glorie (farr) heringestel om hul heerskappy te regverdig en het hierdie eienskappe aan Ali toegedig terwyl die koning se genealogie deur die Sjiitiese vierde imam se moeder na die koninklike huis van Sassanide teruggespoor is.

Afsjaride-dinastie

Die Afsjaride-dinastie het twee koninklike standaarde gehad, een met rooi, wit en blou bane en een met rooi, wit, blou en geel bane. Nadir Sjah se persoonlike vlag was ’n geel wimpel met ’n rooi fraiing en ’n leeu-en-son-motief in die middel. Al drie hierdie vlae was driehoekig.

Nadir Sjah het die kleur groen bewustelik vermy omdat groen geassosieer is met Sjiisme en die Safawide-dinastie.

Die vlootadmiraal se vlag was ’n wit agtergrond met ’n rooi Persiese swaard in die middel.

Zand-dinastie

Die staatsvlag van die Zand-dinastie was ’n wit driehoekige wimpel met ’n groen fraiing en ’n goue leeu-en-son in die middel.

Vroeë Kadjar-dinastie

In teenstelling met hul Zand- en Afsjaride-voorgangers het Kadjar-regeerders reghoekige vlae gebruik. Die vlag van Mohammad Khan Kadjar was rooi met ’n goue leeu-en-son in ’n dofgeel skyf.

Fath Ali Sjah het ’n leeu op ’n eenvoudige rooi baan as sy oorlogsvlag gebruik. Die hoofembleem was ’n leeu liggend voor ’n son maar ’n ontwerp met ’n gaande leeu met ’n swaard in die klou is ook gebruik. Daar was ’n groen weergawe van die vlag in tye van vrede en ’n wit weergawe vir diplomatieke doeleindes.

Gedurende Mohammad Sjah se heerskappy is die twee verskillende leeu-embleme in ’n enkele vlag gekombineer wat ’n gaande leeu met ’n swaard in die klou voor ’n son uitgebeeld het.

Onder Naser al-Din Sjah was die basiese vlag wit met ’n dik groen fraiing aan drie sye met ’n leeu-embleem in die middel. Daar was ook ’n burgerlike vaandel met ’n groen-en-rooi fraiing en ’n vlootvaandel wat dieselfde as die burgerlike vaandel gelyk het met ’n leeu-en-son-motief in die middel.

Post-grondwetlike Rewolusie

Die eerste weergawe van die moderne Irannese driekleur is aanvaar in die nadraai van die Irannese Grondwetlike Rewolusie van 1906. Die aanvullende fundamentele wette van 7 Oktober 1907 het ’n driekleur vlag in groen, wit en rooi met ’n leeu-en-son-motief in die middel beskryf. ’n Dekreet van 4 September 1910 het die presiese besonderhede van die embleem uitgelê insluitend die vorm van die leeu se stert (“soos ’n S in skuinsskrif”) en die posisie en grootte van die leeu, swaard en die son.

Gedurende hierdie periode was die vlag se kleure vaal met die rooi wat pienkerig voorgekom het. Daar was drie variante van die vlag in gebruik. Die staatsvlag was ’n driekleur met die leeu-en-son-motief in die middel. Die nasionale vlag en burgerlike vaandel was ’n eenvoudige driekleur sonder embleem. Die vlootvaandel en oorlogsvlag was soortgelyk aan die staatsvlag maar die embleem was omring deur ’n krans met ’n kroon daarbo. Al drie vlae se verhouding was 1:3.

Die vlag is twee maal gedurende die Pahlavi-dinastie. In 1933 is die kleure donkerder gemaak en die ontwerp effens verander. Die son se gelaatstrekke is verwyder en die Kianikroon op die vlootvaandel is vervang met die Pahlavi-kroon. In 1964 is die vlagverhouding verander van 1:3 na 4:7 en die embleem op die vlootvaandel is verklein om binne die wit baan te pas.

Na die Irannese Rewolusie het die Interimregering van Iran die kroon van die vlootvaandel af verwyder. Die ou staats- en nasionale vlae het tot 29 Julie 1980 onveranderd gebly toe die moderne Irannese vlag aanvaar is.

Ten spyte van die leeu-en-son-motief se betekenis in Sjiisme en die son se verbintenis met Ali, die eerste Imam van die Sjiiete, het die motief die “onderdrukkende verwesterende monargie” wat vervang moes word verteenwoordig. Om daardie rede is die Rooi Leeu-en-Son Vereniging verander na die Rooi Sekelmaan Vereniging.

Die leeu-en-son-vlag word tans deur Irannese gemeenskappe in ballingskap gebruik as simbool teen die Islamitiese Republiek, soortgelyk aan die gebruik van die Suid-Viëtnamese vlag deur Viëtnamese uitgewekenes. Sommige politieke groeperinge in Iran insluitend monargiste en die Volksmoedjahedien gebruik dit ook steeds. In Los Angeles en ander stede met groot Irannese uitgeweke gemeenskappe is die leeu-en-son kenmerkend en verskyn dit op Irannese vlae en souvenirs, soveel so dat dit meer gebruik word as gedurende die jare van die monargie in Iran self waar die skoon driekleur gewoonlik gebruik is.

  • Standaard van Kores die Grote, 559 tot 529 v.C.
    Standaard van Kores die Grote, 559 tot 529 v.C.
  • Vlag van die Sassanidiese Ryk, 224 tot 651
    Vlag van die Sassanidiese Ryk, 224 tot 651
  • Vlag van die Safawide-dinastie onder Ismail I, 1502 tot 1524
    Vlag van die Safawide-dinastie onder Ismail I, 1502 tot 1524
  • Vlag van die Safawide-dinastie onder Tahmasp I, 1524 tot 1576
    Vlag van die Safawide-dinastie onder Tahmasp I, 1524 tot 1576
  • Vlag van die Safawide-dinastie na Ismail II, 1576 tot 1732
    Vlag van die Safawide-dinastie na Ismail II, 1576 tot 1732
  • ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie
    ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie
  • ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie
    ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie
  • Nadir Sjah se vlag
    Nadir Sjah se vlag
  • Vlootvaandel van die Afsjaride-periode
    Vlootvaandel van die Afsjaride-periode
  • Vlag van die Zand-dinastie
    Vlag van die Zand-dinastie
  • Vlag van Mohammad Khan
    Vlag van Mohammad Khan
  • Oorlogsvlag van Faht Ali Sjah
    Oorlogsvlag van Faht Ali Sjah
  • Vredesvlag van Faht Ali Sjah
    Vredesvlag van Faht Ali Sjah
  • Vlag in gebruik tydens Mohammad Sjah se heerskappy
    Vlag in gebruik tydens Mohammad Sjah se heerskappy
  • Driekleurvlag ontwerp deur Amir Kabir
    Driekleurvlag ontwerp deur Amir Kabir
  • Staatsvlag van Iran tot 1906
    Staatsvlag van Iran tot 1906
  • Burgerlike vaandel van Iran tot 1906
    Burgerlike vaandel van Iran tot 1906
  • Vlootvaandel van Iran tot 1906
    Vlootvaandel van Iran tot 1906
  • Driekleurvlag van 1886
    Driekleurvlag van 1886
  • Vlootvaandel van Iran, 1907 tot 1933
    Vlootvaandel van Iran, 1907 tot 1933
  • Staatsvlag van Iran, 1907 tot 1933
    Staatsvlag van Iran, 1907 tot 1933
  • Burgerlike vlag van Iran, 1907 tot 1933
    Burgerlike vlag van Iran, 1907 tot 1933
  • Vlootvaandel van Iran, 1933 tot 1964
    Vlootvaandel van Iran, 1933 tot 1964
  • Staatsvlag van Iran, 1933 tot 1964
    Staatsvlag van Iran, 1933 tot 1964
  • Vlootvaandel van Iran, 1964 tot 1979
    Vlootvaandel van Iran, 1964 tot 1979
  • Burgerlike vlag van Iran, 1964 tot 1980
    Burgerlike vlag van Iran, 1964 tot 1980
  • Staatsvlag van Iran, 1964 tot 1980
    Staatsvlag van Iran, 1964 tot 1980
  • Vlootvaandel van Iran, 1979 tot 1980
    Vlootvaandel van Iran, 1979 tot 1980

Ander vlae

  • Vlag van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps
    Vlag van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps
  • Vlag van die Irannese Wetstoepassingskrag
    Vlag van die Irannese Wetstoepassingskrag
  • Vlag van die Irannese Gewapende magte
    Vlag van die Irannese Gewapende magte
  • Seremoniële vlag van die Irannese Gewapende magte
    Seremoniële vlag van die Irannese Gewapende magte
  • Vlag van die Irannese grondmag
    Vlag van die Irannese grondmag
  • Vlag van die Irannese lugmag
    Vlag van die Irannese lugmag
  • Vlag van die Irannese vloot
    Vlag van die Irannese vloot

Soortgelyke vlae

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 77 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article