factograf
AF

Zand-dinastie

Zand-dinastie

Key facts

datum van stigting of ontstaan1751
is 'nvoormalige staat
hoofstadSjiraz
KontinentAsië
amptelike taalPersies
All data from the card 7
Land
Persië
Gestig
1751
Stigter
Karim Khan Zand
Laaste heerser
Lotf Ali Khan Zand
Tereggestel
1794
Hoofstad
Sjiraz
Opgevolg deur
Kadjar-dinastie
Karim Khan Zand, stigter van die dinastie (1751).
Karim Khan Zand, stigter van die dinastie (1751).

Die Zand-dinastie (Persies: سلسله زندیه, Selseleye Zandiye;) was 'n Irannese dinastie wat deur Karim Khan Zand (bewind: 1751-1779) gestig is. Hy het in die 18de eeu aanvanklik oor Suid- en Sentraal-Iran regeer. Die gebied is gou uitgebrei en het later 'n groot deel van die hedendaagse Iran ingesluit, sowel as Azerbeidjan, Bahrein en dele van Armenië and Irak.

Die bewind van die dinastie se belangrikste heerser, Karim Khan, is gekenmerk deur vooruitgang en vrede. Kuns en argitektuur het gedy tydens die bewind van Karim Khan, wie se hoofstad Shiraz was. Sommige argitektoniese temas het herleef uit nabygeleë terreine van die Achaemenidiese (550-330 v.C.) en Sassanidiese (224-651 n.C.) tydperke van pre-Islamitiese Iran. Kenmerkende Zand-kuns onder die Zand-heersers het die fondament van latere Kadjar-kuns gevorm.

Ná Karim Khan se dood het Iran begin verval weens interne dispute onder lede van die Zand-dinastie. Die laaste heerser, Lotf Ali Khan Zand (bewind: 1789-1794), is in 1794 deur Aga Mohammed Khan Kadjar tereggestel.

Volgens The Oxford Dictionary of Islam geniet Karim Khan Zand die reputasie as "die menslikste Irannese heerser van die Islamitiese tydperk". Toe die name van vorige heersers van Iran ná die Irannese Rewolusie taboe geword het, het die burgers van Shiraz geweier om die Karim Khan Zand- en Lotf Ali Khan Zandstraat, die stad se twee hoofstrate, te hernoem.

Skakels

  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 49 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article