factograf
AF
Sign in

Britse akteur

Rowan Atkinson

Rowan Atkinson

Key facts

geboortedatum06 Januarie 1955
beroeptelevisie-akteur, rolprentakteur, komediant
geboorteplekConsett
eggenootSunetra Sastry
bekend virMr. Bean
All data from the card 6
Geboortenaam
Rowan Sebastian Atkinson
Geboorte
6 Januarie 1955Consett, Durham
Nasionaliteit
Verenigde Koninkryk
Lewensmaat
Sunetra Sastry
Aktiewe jare
1979–nou
Rolprente
Mr. BeanJohnny English
Rowan Atkinson as Mr. Bean by die Manneken Pis in Brussel (2007).
Rowan Atkinson as Mr. Bean by die Manneken Pis in Brussel (2007).

Rowan Atkinson (gebore 6 Januarie 1955) is 'n Britse akteur, skrywer en komediant wat in talle TV-programme en rolprente verskyn. Hy is veral bekend as die hoofkarakter in die TV-program Blackadder en vir sy vertolking van die karakter Mr Bean. Die koerant The Guardian het hom as een van die 50 snaaksste akteurs in Britse komedie gelys, en in 2005 haal hy die lys van grootste 50 komediante ooit in 'n meningspeiling deur mede-komediante.

Lewensloop

Rowan Sebastian Atkinson is op 6 Januarie 1955 in Consett in Durham in die Verenigde Koninkryk gebore. Hy is die jongste van die vier kinders van Eric Atkinson ('n boer) en Ella May, en is tuis onderrig. Atkinson studeer elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Newcastle en behaal daarna 'n meestersgraad aan die Queen's College van die Universiteit van Oxford.

Atkinson begin sy loopbaan as komediant tydens die Edinburgh Festival. Daarna toer hy met sy eenmanvertoning deur die land. Hierdie vertoning is vir televisie verfilm en is steeds gewild op DVD.

Sy eerste TV-reeks was Not the Nine O'Clock News. Die sukses van hierdie reeks verskaf aan hom die hoofrol in die Blackadder-reeks. Hierdie reeks was uiters gewild en drie opvolgreekse asook enkele afgeleide werke is gebeeldsend. Ná Blackadder kom Atkinson met sy bekendste skepping, Mr. Bean, vorendag.

Atkinson het in 2012 tydens 'n onderhoud gesê dat hy moeg is vir Mr. Bean. Hy is te oud om sulke kinderagtige dinge te doen en sal nie vinnig (of selfs nooit) weer die rol vertolk nie. Sy laaste optrede as Mr. Bean was tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Rowan Atkinson in die Internet-rolprentdatabasis
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rowan Atkinson.

Read next

In 113 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article