factograf
AF
Sign in

Vientiane

Vientiane

Key facts

bevolking948 487
oppervlakte3 920km²
is 'nstedelike gebied, groot stad
landLaos
datum van stigting of ontstaan1560
hoogte bo seevlak174m
3 images

Vientiane
ວຽງຈັນ

Kaart Vlag
Wapen
 Land  Laos
 Provinsie Vientiane
 Koördinate 17°58′N 102°36′O / 17.967°N 102.600°O
 Gestig op
 Oppervlakte:  
 - Totaal vk km
 Hoogte bo seevlak
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 350 000
 - Bevolkingsdigtheid vk/km
 - Metropolitaanse gebied
 Tydsone UTC +07:00
 Burgemeester

Vientiane (uitgespreek /vjɛnˈtjɑːn/, Laosiaans: ວຽງຈັນ, Vieng Chang of Viang Chan) is die hoofstad en grootste stad van Laos. in 2009 'n bevolking van 350 000 gehad. Die stad lê in die Vientiane-distrik (Kamphaeng Nakhon Wieng Chan). Vientiane het ongeveer 400 000 inwoners. Die stad is aan die noordoewer geleë in 'n draai van die Mekongrivier. Die naam Wieng Chan kom van Wieng (stad of plek met mure) en Chan (die Lao-vervorming van die Sanskrit-woord Chandana wat sandelhout beteken). Die Franse het die spel na Vientiane geromaniseer. Vientiane word saam met Phnom Penh in Kambodja en Saigon (Ho Chi Minh-stad) in Vietnam beskou as die drie klassieke Franse indochinese stede. Dit hou verband met die klassieke koloniale Europese argitektuur.

Geskiedenis

Die stad het 'n lang geskiedenis en het verskeie heersers gehad (insluitend Birmaans, Sukhothai, Viëtnamees en Khmer) voordat koning Fa Ngum dit verower het en tot die koninkryk Lan Xang gevoeg het. Die hoofstad van Lan Xang is in 1533 van Luang Prabang na Vientiane verskuif. In 1707 word die stad onafhanklik nadat 'n burgeroorlog vir Lan Xang trooopvolging plaasgevind het. In 1828 is die stad deur koning Rama III van Siam vernietig nadat hy 'n belangrike veldslag verloor het. Die stad is ontvolk. Toe Laos onder Franse heerskappy kom, word Vientiane weer die hoofstad van Laos. Die konings het egter in Luang Prabang gebly, ook na onafhanklikheid tot die kommunistiese oorname van die mag in 1975.

Bestuur

Vientiane is ook die hoofstad van die Vientiane-prefektuur (kampheng nakhon Vientiane). Daar is ook 'n Vientiane-provinsie - die prefektuur word in 1989 van die provinsie geskei.

Die stad Vientiane bestaan uit die volgende distrikte:

  • Chantabuly
  • Hadxaifong
  • Sikhottabong
  • Sisattanak
  • Xaysetha

Suster stede

Verdere leeswerk

  • Askew, Marc, William Stewart Logan, and Colin Long. Vientiane: Transformations of a Lao Landscape. London: Routledge, 2007. ISBN 978-0-415-33141-8
  • Sharifi et al., Can master planning control and regulate urban growth in Vientiane, Laos?. Landscape and Urban Planning, 2014. DOI: 10.1016/j.landurbplan.2014.07.014
  • Flores, Penelope V. Good-Bye, Vientiane: Untold Stories of Filipinos in Laos. San Francisco, CA: Philippine American Writers and Artists, Inc, 2005. ISBN 978-0-9763316-1-2
  • Renaut, Thomas, and Arnaud Dubus. Eternal Vientiane. City heritage. Hong Kong: Published by Fortune Image Ltd. for Les Editions d'Indochine, 1995.
  • Schrama, Ilse, and Birgit Schrama. Buddhist Temple Life in Laos: Wat Sok Pa Luang". Bangkok: Orchid Press, 2006. ISBN 978-974-524-073-5
  • Women's International Group Laos. Vientiane Guide. Vientiane: Women's International Group, 1993.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.

Read next

In 156 languages

afAcèhአማርኛaragonésالعربيةمصرىঅসমীয়াasturianuazərbaycancaбашҡортсаBasa BaliBikol Centralбеларуская (тарашкевіца)беларускаяBetawiбългарскиBanjarပအိုဝ်ႏဘာႏသာႏবাংলাབོད་ཡིགbrezhonegbosanskiбуряадcatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄нохчийнCebuanoکوردیčeštinaчӑвашлаCymraegdanskDeutschΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomiNa Vosa VakavitifrançaisarpetanNordfriiskFryskGaeilgeGàidhliggalegoAvañe'ẽHausa客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीFiji HindihrvatskihornjoserbsceKreyòl ayisyenmagyarհայերենJaku IbanBahasa IndonesiaInterlingueIlokanoIdoíslenskaitaliano日本語ქართულიQaraqalpaqshaKumoringқазақшаភាសាខ្មែរಕನ್ನಡ한국어кыргызчаLatinaLëtzebuergeschLigurelombardlingálaລາວlietuviųlatviešuमगहीमैथिलीмокшеньMalagasyMinangkabauмакедонскиമലയാളംмонголमराठीBahasa MelayuMaltiMirandésမြန်မာဘာသာمازِرونیनेपालीNederlandsnorsk nynorsknorskNovialDiné bizaadChi-ChewaoccitanlivvinkarjalaиронਪੰਜਾਬੀPapiamentupolskiPiemontèisپنجابیپښتوportuguêsromânăрусскийᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤsardusicilianuScotsسنڌيsrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishslovenčinaslovenščinaanarâškielâchiShonashqipсрпски / srpskisvenskaKiswahiliślůnskiSakizayaதமிழ்тоҷикӣไทยTagalogtolışiTürkçeудмуртئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvepsän kel’Tiếng ViệtVolapükWinaray吴语მარგალურიYorùbáVahcuengh閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article