factograf
AF
Sign in

dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika

Swellendam

Swellendam

Key facts

bevolking17 537
datum van stigting of ontstaan1746
is 'ndorp
landSuid-Afrika
hoogte bo seevlak128m
geleë in administratiewe eenheidSwellendam Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 21
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Wes-Kaap
Distrik
Overberg
Munisipaliteit
Swellendam
Stigting
1746
• Totaal
58,14 km2 (22,45 vk. myl)
• Totaal
17 537
• Digtheid
302/km2 (780/vk. myl)
• Wit mense
19.5%
• Indiërs/Asiërs
0.3%
• Bruin mense
63.1%
• Swart mense
15.4%
• Ander
1.8%
• Afrikaans
81.3%
• Xhosa
9.5%
• Engels
4.8%
• Sotho
1.1%
• Ander
3.4%
Poskode (strate)
6740
Poskode (posbusse)
6740
Skakelkode
028
Die kerkgebou van die moedergemeente van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Swellendam, ontwerp deur Folkert Wilko Hesse en sy seun, Francois.
Die kerkgebou van die moedergemeente van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Swellendam, ontwerp deur Folkert Wilko Hesse en sy seun, Francois.
Die kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Swellendam
Die kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Swellendam
2 images

Swellendam is 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika) met 13 557 inwoners (2001). Die N2 nasionale loop deur die dorp en skei die tradisionele wit en bruin woonbuurte.

Geskiedenis

Die dorp is in 1745 gestig en is die vierde oudste landdros-distrik in Suid-Afrika. Die dorp is vernoem na die Kaapse goewerneur, Hendrik Swellengrebel, die eerste goewerneur wat in die Kaap gebore is, en sy vrou Helena Ten Damme, met wie hy in 1728 getroud is. Die dorp is op die oewers van die Koringlandsrivier uitgelê. Die eerste kerk is in 1802 gebou.

Die dorp is belangrik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis omdat dit in 1795 kortstondig onafhanklikheid van die Kaapkolonie beleef as die Republiek van Swellendam. Plaaslike inwoners het in opstand gekom teen die Nederlandse regering aan die Kaap en gevolglik eensydig 'n Republiek uitgeroep. Van die redes wat aangevoer is was die swak pryse wat die regering vir (landbou) produkte aangebied het, beweerde korrupsie van staatsamptenare, en stygende misdaadvlakke. Hierdie republiek was gestig onder die Presidentskap van Hermanus Steyn, 'n boer van die distrik en voorouer van president M.T Steyn. Later het 'n Swellendamse kommando in die Slag van Muizenberg teen die Britte geveg as die eerste republikeinse militêre eenheid in die land.

Wapens

Drostdy — Die Kaapse regering het in 1804 heraldiese seëls aan die plaaslike owerhede toegewys. Die Swellendam-drostdy het Hendrik Swellengrebel se familiewapen gekry: In goud, 'n blou fleur de lis met 'n rooi band. 'n Anker is agter die wapenskild geplaas. Die regering het egter in 1814 besluit dat drostdye voortaan eerder die Britse koningswapen moet gebruik.

Munisipaliteit (1) — Swellendam het in 1843 'n munisipaliteit geword. Alhoewel die dorpsraad nie die regsopvolger van die voormalige drostdy was nie, het dit later besluit om die ou wapen aan te neem. Die raad het egter 'n fout begaan deur die fleur de lis met 'n koringgerf te verwar, met die gevolg dat die dorpswapen 'n koringgerf getoon het.

Munisipaliteit (2) — Die munisipaliteit het eers in 1929 die fout agtergekom en die wapen toe verander. Sedertdien toon die wapen 'n fleur de lis.

Afdelingsraad — Swellendam se afdelingsraad (d.w.s die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense) het in 1975 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Gedeel van blou en goud, 'n fleur de lis in die skildhoof vergesel van twee sespuntige sterre, van die een in die ander. Die helmteken was 'n anker omwonde van 'n wingerdplant, en die wapenspreuk "Lucem spero". Dr Cornelis Pama het die wapen ontwerp.

Merinobedryf

Die dorp word as die bakermat van Suid-Afrika se merinobedryf beskou. Die eerste twee ramme en vier ooie van die beroemde Escorial stoetery in Spanje het in 1789 in die Kaap aangekom en sommige van hulle afstammelinge is in 1803 na Swellendam gebring. Hier is hulle met sukses met die Kaapse vetstertskaap gekruis.

Ou Geboue

Baie sierlike geboue uit die ou dae het behoue gebly. Die Ou Drostdy-gebou is 'n pragtige voorbeeld van die destydse Kaaps-Hollandse argitektuur en dien vandag as 'n kultuurhistoriese museum. Die Nederduitse Gereformeerde kerk met sy vier argitekstyle is in 1910 op die perseel van die eerste kerk (1802) gebou. Die kerkie van St. Lukas dateer uit 1865. Ander belangrike historiese geboue sluit onder andere in Morgenzon, die Olyfkrans Kollege-gebou, die Residensie, Rothman-huis, en die Oefeninghuis.

Omgewing

Die dorp is naby die Breederivier geleë, en gesetel aan die voet van die Langeberg. Die Nasionale Bontebokpark by Swellendam is in 1931 gestig. Die bontebok is die tradisionele dierembleem van die Kaapprovinsie.

Persone gebore

Francis William Reitz, Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, is in Swellendam gebore.

Sien ook

Bibliografie

  • Barnard, Eureka: 'n Evaluering van die volksboukuns van die Swellendam-omgewing. Universiteit van Stellenbosch: ongepubliseerde M.A.-verhandeling, 2003

Read next

In 29 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article