factograf
AF
Sign in

Ashton

Ashton

Key facts

oppervlakte23,5km²
hoogte bo seevlak185m
is 'ndorp
landSuid-Afrika
geleë in administratiewe eenheidLangeberg Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 19
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Wes-Kaap
Distrik
Kaapse Wynland
Munisipaliteit
Langeberg
• Totaal
23,5 km2 (9,1 vk. myl)
• Totaal
13 325
• Digtheid
567/km2 (1 470/vk. myl)
• Wit mense
5.0%
• Indiërs/Asiërs
0.2%
• Bruin mense
53.4%
• Swart mense
40.9%
• Ander
0.4%
• Afrikaans
58.6%
• Xhosa
35.7%
• Engels
1.4%
• Sotho
1.3%
• Ander
2.9%
Poskode (strate)
6715
Skakelkode
023

Ashton is geleë in die Klein Karoo aan die voet van die Langeberge tussen Robertson en Swellendam en is op een van die hoofroetes tussen Kaapstad en Mosselbaai. Die vrugbare vallei waarin die dorp geleë is, is veral geskik vir wyn- en vrugteverbouing. Bekende stoeterye vir renperde, beeste en skape is hier ontwikkel en in 1962 is die eerste plaaslike koöperatiewe wynkelder gebou.

Geskiedenis

Ashton was vroeër bekend as Roodewal, maar is in 1887 vernoem na Job Ashton, 'n direkteur van die Cape Central Railways Limited, wat die spoorlyn tussen Worcester en Ashton gebou het. Die dorp het in 1956 munisipale status gekry nadat dit sedert 1947 'n plaaslike bestuur gehad het.

Die vroegste vermelding van die streek waarin Ashton geleë is, kom voor in ou amptelike dokumente uit die jare 1723 tot 1739. Aan veeboere is 'n lisensie uitgereik om hul vee hier te laat wei. 'n Uitspanning, genoem Roodewal, is onder die rooi walle van die Kogmanskloofrivier vir die veeboere ingerig. Hier het boere en handelaars mekaar op vaste tye ontmoet om handelsware uit te ruil. Roodewal het later 'n bekende handelspos geword.

Wapens

Munisipaliteit — Ashton se munisipale wapen was: In groen, 'n goue wiel met agt speke belaai met 'n swart ster; 'n hoekige silwer skildhoof belaai met drie blou ronde skywe elk met 'n goue fleur de lis daarop. Die helmteken was 'n goue perd met 'n druiwetros tussen sy voorpote, uitkomend uit 'n goue muurkroon, en die wapenspreuk was "Natura inspirat".

Zolani — Die Swart woongebied Zolani het van 1978 tot 1996 sy eie plaaslike owerheid gehad. Die dorpskomitee het in 1988 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Deursnede, drie uitkomende lindeblare na die skildhoof en tweeledig gelelie na die skildvoet, silwer en groen; 'n hoekige blou skildhoof. Die helmteken was 'n groen muurkroon en die wapenspreuk "Zolani".

Infrastruktuur

Die pad van Montagu na Roodewal deur Kogmanskloof het op agt plekke oor die rivier gekronkel. In 1869 is begin met die bou van 'n nuwe pad en tonnel. Dit is in 1877 voltooi en staan nou bekend as die Kogmanskloofpas. In Februarie dieselfde jaar is die nuwe pad vir verkeer oopgestel en aan die afdelingsraad van Robertson oorhandig. Die regering van die Kaapkolonie het in 1882 besluit dat 'n spoorlyn van Worcester oor Robertson na Roodewal gebou moes word vir die ontwikkeling van die suidwestelike distrikte. Dié spoorlyn is in 1887 geopen. Ongeveer dié tyd is die dorp se naam verander na Ashton. 'n Poskantoor is in 1887 op Ashton opgerig en 'n daaglikse posdiens per poskar is deur Kogmanskloof na Montagu ingestel.

Die bekende Roete 62 begin hier en strek ooswaarts.

Read next

In 14 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article