factograf
AF
Sign in

Tulbagh

Tulbagh
All data from the card 21
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Wes-Kaap
Distrik
Kaapse Wynland
Munisipaliteit
Witzenberg
Stigting
1795
• Totaal
3,81 km2 (1,47 vk. myl)
Hoogte
180 m (590 ft)
• Totaal
8 969
• Digtheid
2 354/km2 (6 100/vk. myl)
• Wit mense
6.9%
• Indiërs/Asiërs
0.2%
• Bruin mense
69.3%
• Swart mense
22.7%
• Ander
0.8%
• Afrikaans
74.4%
• Xhosa
18.3%
• Engels
3.6%
• Sotho
2.0%
• Ander
1.7%
Poskode (strate)
6820
Skakelkode
023

Tulbagh is 'n dorp in die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit van die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika) met bykans 9 000 inwoners (2011), Dit is sowat 125 kilometer noord-oos van Kaapstad geleë en is genoem na Ryk Tulbagh, die Kaapse goewerneur van 1751 tot 1771. Tulbagh is die sentrum van 'n wynboustreek.

Geskiedenis

Baie van die dorp se geboue in Kerkstraat dateer van die tweede helfte van die 18de eeu. Op 29 September 1969 het 'n aardbewing, wat 6,5 op die Richterskaal gemeet het, die dorp verwoes en nege menselewens geëis. Tulbagh lê regstreeks op 'n breuk in die ondergrondse rots wat die sterkte van die aardbewing verklaar. Die heropbou en restourasie van Tulbagh was die grootste projek van dié soort wat tot dusver in Suid-Afrika aangepak is.

Wapens

Drostdy — Die Kaapse regering het in 1804 heraldiese seëls aan die plaaslike owerhede toegewys. Die Tulbagh-drostdy het Ryk Tulbagh se familiewapen gekry, nl. 'n silwer skild met drie afgesnede Turkkoppe daarop. 'n Anker is agter die wapen geplaas. Die regering het egter in 1814 besluit dat drostdye voortaan eerder die Britse koningswapen moet gebruik.

Die Munisipaliteit, wat in 1861 gestig is, het jare lank Ryk Tulbagh se wapen gebruik. 'n Gedifferensieerde weergawe daarvan is in 1984 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In blou, drie gebaarde afgesnede Turkkoppe van natuurlike kleur, getulband van silwer. Die helmteken was 'n uitkomende gepantserde regterarm wat 'n kromswaard met die hand swaai.

Ekonomie

Die historiese wynplaas Montpellier de Tulbagh naby Tulbagh.
Die historiese wynplaas Montpellier de Tulbagh naby Tulbagh.
Tulbagh se ou NG kerkgebou.
Tulbagh se ou NG kerkgebou.
2 images

Die vrugtebedryf is een van die belangrikste plaaslike werkgewers. Vrugte word veral in die noordelike en suidelike dele van die Tulbaghvallei verbou en sluit appels, pere, pruime, perskes, appelkose en sitrusvrugte in. Die grootste deel van die vrugteopbrengs word na Europa, Noord-Amerika en Asië uitgevoer, maar 'n aansienlike gedeelte word ook plaaslik verwerk as droë- of geblikte vrugte.

Wynbou het al lank 'n groot rol in die Tulbaghvallei gespeel, maar dié bedryf het sedert die negentigerjare van die 20ste eeu die vinnigste gegroei. Daar is nou 'n groot aantal wynplase, waarvan sommige wêreldroem geniet. Danksy die topgehalte van plaaslike wyne, wat na bestemmings orals ter wêreld uitgevoer word, is baie nuwe wingerde aangeplant, en nuwe wynkelders het ontstaan. Baie van die wynkelders maak nou deel uit van Tulbagh se Wynroete, een van die gewildste toeristebestemmings in die Wes-Kaap.

Besienswaardighede

  • De Wet Huis
  • Die Oude Kerk-volksmuseum behandel die geskiedenis van Tulbagh.
  • Verskeie wynplase in die omgewing.

Sien ook

In 13 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article