factograf
AF

Pous Felix III

Pous Felix III

Key facts

geboortedatum440
sterfdatum01 Maart 492
beroepskrywer
geboorteplekRome
sterfplekRome
politieke amppous
All data from the card 6
Pontifikaat begin
13 Maart 483
Pontifikaat eindig
1 Maart 492
Voorganger
Simplicius
Opvolger
Gelasius I
Gebore
Rome, Italië
Sterf
19 November 492Rome, Italië

Felix III was die 48 pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

As gevolg van die bestaan van die Teenpous Felix II word Pous Felix III soms as Felix II (as die teenpous nie getel word nie) of as Felix II (III) aangedui. Teenswoordig word Teenpous Felix II wel as wettig aanvaar en is hy selfs heilig verklaar. Felix III was reeds getroud en die pa van twee kinders voordat hy priester geword het. Op 13 Maart 483 volg Felix III Pous Simplicius op en regeer tot sy dood op 1 Maart 492. Hy word opgevolg deur Pous Gelasius I. Die naam ‘Felix’ beteken 'die gelukkige'.

Pontifikaat

Pous Felix III het hom verset teen die monofisiete en hulle simpatiseerders. In 483 ekskommuniseer hy biskop Petrus Fullus van Antiogië en in 484 biskop Petrus Mongus van Alexandrië. Die lei tot 'n kerkskeuring wat tot 519 sal duur. Hy verwerp ook die toenadering van patriarg Acacius van Konstantinopel tot die monofisiete wat as die Henotikon bekend staan.

Verering

Felix III word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 1 Maart.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • Ekumenies Heiligesleksikon
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
SimpliciusPous (Pontifex Maximus)
483 – 492Opgevolg deur
Gelasius I

Read next

In 73 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article