factograf
AF

Teenpous Felix II

Teenpous Felix II

Key facts

geboortedatum400
sterfdatum22 November 365
geboorteplekRome
politieke ampbiskop
All data from the card 5
Sterfdatum
22 November 365
Sterfplek
Portus Romae
Teenpous van
Pous Liberius
Begin van pontifikaat
356
Einde van pontifikaat
357

Felix II is die derde teenpous van die Rooms Katolieke Kerk. Soms word hy in die opeenvolging van pouse oorgeslaan en word Pous Felix III Pous Felix II of soms Felix II (III) of self Felix III (II) genoem.

Biografie

In 356 verban keiser Constantius II die heersende Pous Liberius na Beraea in Thracië. Pous Liberius het geweier om die keiser te steun en biskop Atanasius van Aleksandrië te vervloek. Die aartsdiakonaat verhef toe, in Liberius se afwesigheid, Felix II tot pous. Die priesters en die volk was teen die aanstelling. In 357 stem Constantius in om op aandrang van 'n aantal vooraanstaande Romeinse vroue, Liberius weer vry te laat onder die veronderstelling dat Felix en Liberius saam sou regeer. Liberius was egter so populêr dat Felix gedwing is om te vlug. Felix het die res van sy lewe in Porto deurgebring. In die apokriewe boeke “Acta Felicis” en “Acta Liberii” en die Liber Pontificalis word Felix as 'n heilige en martelaar beskrywe, maar dit berus waarskynlik op verwarring met 'n naamgenoot. Ook die opgrawing van die liggaam van Felix II onder Pous Gregorius XII het geen uitsluitsel gebring nie.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.

Read next

In 38 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article