Tomiichi Murayama (Japannees: 村山 富市, Murayama Tomiichi, 3 Maart 1924 – 17 Oktober 2025) was 'n Japannese politikus wat van 1994 tot 1996 as die Eerste minister van Japan gedien het. Hy het die Japannese Sosialistiese Party gelei en was verantwoordelik vir die naamverandering in Sosiaal-Demokratiese Party van Japan in 1996.
Nadat hy eerste minister geword het, was hy die eerste sosialistiese leier van Japan in bykans vyftig jaar. Hy word vandag veral onthou vir sy toespraak "Ter geleentheid van die 50ste herdenking van die einde van die oorlog", waarin hy in die openbaar om verskoning gevra het vir die Japannese Keiserryk se gruweldade wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is.
Van die tien lewende voormalige eerste ministers van Japan was hy ná die dood van Yasuhiro Nakasone op 29 November 2019 tot sy dood die oudste lewende premier.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tomiichi Murayama.
