factograf
AF

St. Gallen

St. Gallen

Key facts

bevolking78 863
oppervlakte39,41km²
landSwitserland
datum van stigting of ontstaan720
hoogte bo seevlak675m
hoof van plaaslike regeringMaria Pappa
3 images

St. Gallen

Kaart Wapen
Vlag
 Land  Switserland
 Kanton St. Gallen
 Distrik St. Gallen
 Koördinate 47°25′N 9°22′O / 47.417°N 9.367°O
 Stigting 612
 Stadstatus 1180
 Oppervlakte:  
 - Totaal 39,41 vk km
 Hoogte bo seevlak 675 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2015) 75 538
 - Bevolkingsdigtheid 1 917/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Stadspresident Thomas Scheitlin (FDP)
 Amptelike Webwerf Stadt St. Gallen

St. Gallen (in Duits soms ook gespel as Sankt Gallen) is die administratiewe setel van die gelyknamige Switserse kanton. Die stad het sy oorsprong in 'n nedersetting wat vlakby die Middeleeuse klooster St. Gallen (gestig in 719) ontstaan het en ook daarna vernoem is. Volgens oorlewerings was die Ierse monnik en hermiet Gallus die klooster se naamgewer.

St. Gallen is in die oorgangsgebied tussen die saggies golwende Bodenmeerstreek en die Appenzell-voetheuwels op 'n hoogte van tussen 496 en 1 074 m geleë. Die historiese stadskern het in 'n vallei in die hoër geleë deel van die stadsgebied ontstaan. Die moeilike terrein - riviere soos Sitter en Goldach het diep ravyne in die plaaslike landskap gesny - het nog tot in die middel van die 19de eeu vervoer in die gebied belemmer. Sedert 1856 verbind spoorlyne die stad met ander dele van Switserland en die buiteland. Danksy sy ligging by die kruispunt van belangrike spoorwegroetes tussen Zürich en München en tussen die Bodenmeer en Luzern het St. Gallen tot 'n vervoerspilpunt ontwikkel. Vandag is St. Gallen daarnaas 'n ekonomiese, opvoedkundige, geneeskundige en kulturele sentrum vir Noordoos-Switserland en dele van die aangrensende buiteland.

St. Gallen het oorspronklik oor sowat 4 km2 gestrek, en eers in 1918 is die stadsgebied merkbaar vergroot tot die huidige 39,4 km2 deur die insluiting van twee aangrensende munisipaliteite, Straubenzell en Tablat.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie St. Gallen.
  • (de) Amptelike webwerf

Read next

In 88 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article