Pangasinan is na Tagalog (met Filippyns, as amptelike taal), Cebuano, Ilokano, Hiligaynon, Waray-Waray, Sentraal-Bikol en Kapampangan die agtste belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die noordelike dele van die Filippyne gepraat, spesifiek in die sentrale dele van die eiland Luzon.
Taalkundiges klassifiseer Pangasinan as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan sommige van die ander Austronesiese tale op Luzon. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pangasinan.
