factograf
AF
Sign in

Kapampangan

Kapampangan
Die woord Kapangpángan geskryf in Kulitan, dié taal se historiese skryfstelsel
Die woord Kapangpángan geskryf in Kulitan, dié taal se historiese skryfstelsel

Kapampangan is na Tagalog (met Filippyns, as amptelike taal), Cebuano, Ilokano, Hiligaynon, Waray-Waray en Sentraal-Bikol die sewende belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die noordelike dele van die Filippyne gepraat, spesifiek in die sentrale dele van die eiland Luzon. Daarbenewens word Kapampangan deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstate Alaska, Hawaii, Kalifornië en Washington.

Taalkundiges klassifiseer Kapampangan as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan sommige van die ander Austronesiese tale op Luzon. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Eksterne skakels


Read next

In 54 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article