factograf
AF

Olimpiese Somerspele 2016

Olimpiese Somerspele 2016
Maracanã-stadion in Rio de Janeiro
Maracanã-stadion in Rio de Janeiro
Gehou in Rio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande 205 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 11 238 (6 179 mans, 5 059 vroue)
Items 306 in 28 sporte
Openingseremonie 5 Augustus 2016
Sluitingseremonie 21 Augustus 2016
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Michel Temer
Atlete-eed Robert Scheidt (seilvaart)
Beampte-eed Martinho Nobre (atletiek)
Olimpiese vlam Vanderlei de Lima (atletiek)
Vorige Spele 2012: Londen (VK)
Volgende Spele 2020: Tokio (Japan)

Spele van die XXXIe Olimpiade Olimpiesespele van 2016

Die Olimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Olímpicos de Verão de 2016 [ˈʒɔɡuz oˈlĩpikus dʒi veˈɾɐ̃w dʒi ˈdojz ˈmiw i dʒizeˈsejs]), amptelik bekend as die Spele van die XXXIste Olimpiade, is tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 11 238 atlete uit 205 nasies aan 306 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem. Die spanne van Kosovo en Suid-Soedan het vir die eerste keer aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem.

Dit was die 31ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit was ook die eerste keer dat Rio de Janeiro, Brasilië en 'n Portugeestalige land die spele organiseer het, die eerste Somerspele in Suid-Amerika, die tweede keer in 'n Latyns-Amerikaanse stad ná Meksikostad in 1968 en die eerste keer sedert 2000 (en derde algeheel) in die Suidelike Halfrond. Naas Rio de Janeiro was Madrid, Tokio en Chicago kandidate vir die aanbied van die 2016-Somerspele.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Portugees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Wayde van Niekerk, die naelloper wat in die 200 en 400 meter sou meeding, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Die Paralimpiese Somerspele 2016 is tussen 7 en 18 September in Rio de Janeiro gehou.

Toewysing

Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016: Verkose stad Kandidaatstede Aansoekende stede
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016: Verkose stad Kandidaatstede Aansoekende stede
2 images

Die stede wat die Somerspele wou aanbied het tot 13 September 2007 tyd gehad om hulleself as kandidate te nomineer. In Junie 2008 is sewe kandidate amptelik deur die uitvoerende komitee van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aanvaar. Op 4 Junie 2008 word die lys verkort na vier kandidaatstede tydens 'n IOK-byeenkoms in Athene. Die vier stede was: Chicago, Madrid, Rio de Janeiro en Tokio. Bakoe (Azerbeidjan), Doha (Katar) en Praag (Tsjeggië) is uitgeskakel. Op 2 Oktober 2009 is Rio de Janeiro tydens 'n IOK-kongres in Kopenhagen as die verkose stad aangewys. Tokio het uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 2020 geword.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2016
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3
Rio de Janeiro  Brasilië 26 46 66
Madrid  Spanje 28 29 32
Tokio  Japan 22 20 —
Chicago  Verenigde State 18 — —

Sporte

Die IOK het tydens 'n kongres in Oktober 2009 besluit om sewesrugby en gholf weer vanaf 2016 op die Olimpiese program te plaas. Hierdie sporte dien as plaasvervangers vir bofbal en sagtebal wat vir die laaste keer in 2008 aangebied is. Met 306 stelle van medaljes beskik die speletjies oor 28 Olimpiese sportsoorte. Hierdie sportbyeenkomste is op 33 plekke in die gasheerstad en op 5 plekke in die stede São Paulo (Brasilië se grootste stad), Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília (Brasilië se hoofstad) en Manaus beslis.

28 Olimpiese sportsoorte in 306 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 307 goue medaljes oorhandig.

Sokker

Sokkerwedstryde is in vyf stadions in die stede Sao Paulo, Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília en Manaus beslis. Al vyf was gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014.

Stadions

Kaart van die sportplekke
Kaart van die sportplekke
Deodoro-stadion
Deodoro-stadion
Arena da Amazônia in Manaus
Arena da Amazônia in Manaus
Arena Corinthians in São Paulo
Arena Corinthians in São Paulo
Arena Fonte Nova in Salvador da Bahia
Arena Fonte Nova in Salvador da Bahia
Estádio Nacional in Brasília
Estádio Nacional in Brasília
Mineirão in Belo Horizonte
Mineirão in Belo Horizonte
7 images

18 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2016 gebruik:

Legende
A Bestaande (geen permanente werk vereis)
B Bestaande (permanente werk benodig)
C Bykomende tydelike (speletjies afhanklik)
D Nuwe permanente
Nuwe wedstrydplekke
Sportplekke Sportsoorte Kapasiteit
Carioca Arena 1 D Basketbal 16 000
Carioca Arena 2 D Judo en Stoei 10 000
Carioca Arena 3 D Skermsport en Taekwondo 10 000
Olimpiese Akwatiese Stadion D Swem en Waterpolo (uitspeelwedstryse) 15 000
Olimpiese BMX-sentrum D Fietsry (BMX) 6 000
Olimpiese Gholfbaan D Gholf 20 000
Olimpiese Hokkiesentrum D Veldhokkie 15 000 (10 000 veld 1, 5 000 veld 2)
Olimpiese Tennissentrum (hoofbaan) D Tennis 19 750
Deodoro Olimpiese Whitewater-stadion D Kano/Kajak (slalom) 8 000
Rio Olimpiese Velodrome D Fietsry (baan) 5 000
Jeug Arena (Deodoro) D Basketbal (vroue se groepuitdunne), Moderne vyfkamp (skermsport) 5 000
Bestaande wedstrydplekke
Sportplekke Sportsoorte Kapasiteit
Deodoro Akwatiese Sentrum A Moderne vyfkamp (swem) 2 000
Maracanã-stadion A Ceremonies and Sokker (halfeindrondte 2, eindstryde) 74 738
Olimpiese Stadion (Engenhão) B Sokker (8 x groepuitdunne), Atletiek (baan en veld) 60 000
Rodrigo de Freitas Lagoon B Roei, Kano/Kayak (sprint) 14 000
Maracanãzinho Arena A Vlugbal 12 000
Maria Lenk Akwatiese Sentrum B Sierduik, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo (groepwedstryde) 6 500
Marina da Glória B Seilvaart 10 000
Olimpiese Ruitersentrum B Ruitersport 14 000
Olimpiese Skietbaan B Skyfskiet Nie gelys nie
Rio Olimpiese Arena (HSBC Arena) A Gimnastiek 12 000
Riocentro – Pavilion 6 A Boks 9 000
Riocentro – Pavilion 3 A Tafeltennis 7 000
Riocentro – Pavilion 4 A Pluimbal 6 500
Sambódromo B Boogskiet, Atletiek (maraton) 36 000
Tydelike wedstrydplekke
Sportplekke Sportsoorte Kapasiteit
Copacabanastadion C Strandvlugbal 12 000
Deodorostadion C Moderne vyfkamp (perdry, gekombineerde hardloop en skiet) Sewesrugby 15 000
Fort Copacabana C Maratonswem, Fietsry (padwedlope), Driekamp 5 000
Future Arena C Handbal 12 000
Bergfietssentrum C Fietsry (bergfiets) 5 000
Pontal C Atletiek (renloop), Fietsry (tydproewe) 5 000
Riocentro – Pavilion 2 C Gewigoptel 6 500
Sportplekke buite Rio de Janeiro
Sportplekke Sportsoorte Ligging Kapasiteit
Mané Garrincha Nasionale Stadion A Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte) Brasília, Distrito Federal 69 394
Mineirão A Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, W halfeindrondte, M 3rde plek) Belo Horizonte, Minas Gerais 58 170
Arena Fonte Nova A Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte) Salvador, Bahia 51 700
Arena Corinthians A Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, M halfeindrondte, W 3de plek) São Paulo, São Paulo 48 234
Arena da Amazônia A Sokker (6 x groepwedstryde) Manaus, Amazonas 40 549

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  UG  Uitstallingsgala  SS  Sluitingseremonie
Augustus 3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
Seremonies OS SS
Atletiek 3 5 4 5 5 4 6 7 7 1 47
Basketbal ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1 2
Boks ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1 1 1 1 1 3 4 13
Boogskiet ● 1 1 ● ● ● 1 1 4
Driekamp 1 1 2
Fietsry Baan 1 2 2 1 1 3 18
Bergfietsry 1 1
BMX ● ● 2
Pad 1 1 1
Gesinchroniseerde swem ● ● 1 ● 1 2
Gewigoptel 1 2 2 2 2 2 1 1 1 1 15
Gimnastiek Artistiek ● ● 1 1 1 1 4 3 3 UG 18
Ritmies ● 1 1
Trampolien 1 1
Gholf ● ● ● 1 ● ● ● 1 2
Handbal ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1 2
Judo 2 2 2 2 2 2 2 14
Kanovaart Slalom ● ● 1 1 2 16
Snel ● 4 ● 4 ● 4
Moderne vyfkamp ● 1 1 2
Pluimbal ● ● ● ● ● ● 1 1 2 1 5
Roei ● ● ● ● 2 4 4 4 14
Ruitersport ● ● ● 2 ● ● 1 ● 1 ● 1 1 6
Seilvaart ● ● ● ● ● ● 2 2 2 2 2 10
Sewesrugby ● ● 1 ● ● 1 2
Sierduik 1 1 1 1 ● ● 1 ● 1 ● 1 ● 1 8
Skermsport 1 1 1 1 2 1 1 1 1 10
Skyfskiet 2 2 2 1 2 1 2 2 1 15
Sokker ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1 2
Stoei 2 2 2 3 3 2 2 2 18
Swem 4 4 4 4 4 4 4 4 1 1 34
Taekwondo 2 2 2 2 8
Tafeltennis ● ● ● ● 1 1 ● ● ● ● 1 1 4
Tennis ● ● ● ● ● ● 1 1 3 5
Veldhokkie ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1 2
Vlugbal Strandvlugbal ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1 4
Binnenshuise vlugbal ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1
Waterpolo ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 1 1 2
Totaal 0 0 0 12 14 14 15 20 19 24 21 22 17 25 16 23 22 30 12 306
Kumulatief 0 0 0 12 26 40 55 75 94 118 139 161 178 203 219 242 264 294 306
Augustus 3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items

Deelnemende nasies

Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die openingseremonie in die Maracanã-stadion
Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die openingseremonie in die Maracanã-stadion

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het in totaal 2 goue, 6 silwer- en 2 bronsmedalje gewen:

  • Wayde van Niekerk het 'n goue medalje in die 400 m-naellope vir mans met 'n nuwe wêreldrekord van 43,03 sekondes gewen.
  • Caster Semenya het 'n goue medalje in die 800 m-naellope vir vroue gewen.
  • Cameron van der Burgh het silwer in die 100 m-borsslag vir mans gewen.
  • Chad le Clos het silwer in die 200 m-vryslag en 100 m-vlinderslag vir mans gewen.
  • Lawrence Brittain en Shaun Keeling het silwer in die tweeroeier sonder stuurman vir mans gewen.
  • Luvo Manyonga het silwer in verspring vir mans gewen.
  • Sunette Viljoen het silwer in spiesgooi vir vroue gewen.
  • Suid-Afrika se sewesrugbyspan wen brons in die toernooi vir mans nadat hulle Japan in die klein finale geklop het.
  • Henri Schoeman wen brons in die driekamp vir mans.

Getal medaljes

Kaart van medaljes volgens lande: Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. Blou vertoon lande, wat geen…
Kaart van medaljes volgens lande: Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. Blou vertoon lande, wat geen…

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Silwer Brons Totaal
1  Verenigde State (USA) 554 46 37 38 121
2  Verenigde Koninkryk (GBR) 366 27 23 17 67
3  Volksrepubliek China (CHN) 413 26 18 26 70
4  Rusland (RUS) 282 19 18 19 56
5  Duitsland (GER) 425 17 10 15 42
6  Japan (JPN) 338 12 8 21 41
7  Frankryk (FRA) 395 10 18 14 42
8  Suid-Korea (KOR) 205 9 3 9 21
9  Italië (ITA) 309 8 12 8 28
10  Australië (AUS) 421 8 11 10 29
13  Brasilië (BRA) 465 7 6 6 19
30  Suid-Afrika (RSA) 137 2 6 2 10

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Read next

In 112 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article