factograf
AF

Sierduik

Sierduik
Piktogram wat Sierduik aandui
Piktogram wat Sierduik aandui
'n Sierduik word uitgevoer
'n Sierduik word uitgevoer
2 images

Sierduik is 'n watersport waar so mooi moontlik vanaf 'n duikplank of -platform in die water van 'n swembad ingespring word. Hierby kan (kombinasies van) salto's en draaie uitgevoer word.

Die duikslag word vanaf 1- en 3-meter duikplanke, of vanaf 5-, 7½- en 10-meter duikplatforms (torings) uitgevoer.

Die beoordeling vind plaas deur vyf of sewe amptenare. Die duikslag word beoordeel volgens tegniek, elegansie, soepelheid, hoogte, afstand en netheid. Punte loop met ½ punte op vanaf 0 ('n reuse mislukking) tot en met 10 (uitstekend).

Gesinchroniseerde duik word sedert 1994 beoefen. Hiertydens spring twee persone tegelyk van die duikplank of -platform en voer dieselfde bewegings uit.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sierduik.
  • (en) Die Internasionale Swemfederasie (FINA) se webwerf


Read next

In 76 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article