factograf
AF
Sign in

Newsweek

Newsweek
All data from the card 10
Redakteur
Jim Impoco
Kategorieë
Nuustydskrif
Frekwensie
Weekliks
Uitgewer
Newsweek LLC
Totale Oplaag
1 528 081
Eerste uitgawe
17 Februarie 1933
Land
Verenigde State
Taal
Engels
Webwerf
newsweek.com
ISSN
0028-9604

Newsweek is 'n Amerikaanse nuustydskrif wat weekliks in New York verskyn en in die Verenigde State asook internasionaal versprei word. Dit is die tweede grootste weeklikse nuustydskrif in die VSA na Time en word in vier Engelse asook twaalf globale uitgawes uitgegee, wat in die taal van hul verspreidingsgebied verskyn.

As gevolg van finansiële moeilikheid het Newsweek sy fokus en teikengroep vanaf 2008 verander. Die afwaartse pas het nogtans versnel. Nadat Newsweek se inkomste tussen 2007 en 2008 met 38 persent gedaal het, het die eienaar, The Washington Post Company, die tydskrif in Augustus 2010 teen 'n simboliese prys van $1 aan die 92-jarige oudio-pionier Sidney Harman verkoop wat ingestem het om Newsweek se skuldlas oor te neem. Ná hierdie transaksie het redakteur Jon Meacham bedank.

In November 2010 het Newsweek ná onderhandelinge tussen die betrokke eienaars met die nuus- en opinie-webwerf The Daily Beast saamgesmelt om voortaan die Newsweek Daily Beast Company te vorm. Die Daily Beast se hoofredakteur, Tina Brown, fungeer sedertdien as redakteur van albei publikasies. Newsweek is in gemeenskaplike besit van die boedel van wyle Sidney Harman en die gediversifeerde media-onderneming American Internet Company (IAC).

Op 18 Oktober 2012 het Brown bekend gemaak dat Newsweek sy gedrukte uitgawe sal staak. Die laaste uitgawe op papier het op 31 Desember 2012 verskyn. Newsweek word vanaf 2013 slegs in 'n digitale formaat uitgegee, wat as Newsweek Global bekend staan.

Eksterne skakels

Read next

In 54 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article