factograf
AF
Sign in

Moses in Islam

Moses in Islam

Key facts

geboortedatum1500 BC
sterfdatum1272 BC
geboorteplekEgipte
sterfplekMoab

Mûsâ ibn Amram (Arabies: ٰمُوسَى|), ook bekend as Moses, word beskou as ’n boodskapper, profeet en leier in die Islam en is die mens wat die meeste kere in die Koran genoem word.

Lewe en erfenis

In die Islamitiese tradisie het Moses nie ’n nuwe godsdiens begin nie, maar die godsdiens van sy voorvaders voortgesit. Volgens die Koran is Moses deur Allah na die farao van Egipte en die Israeliete gestuur vir leiding en om hulle te waarsku. Sy lewe word die beste in die Koran beskryf as dié van enige ander figuur. Die Koran lui:

En vermeld Moses in die Boek. Voorwaar, hy was ’n opregte persoon, ’n boodskapper en ’n profeet.

En Ons het hom van die geseënde kant van die berg af geroep, en Ons het hom nader laat tree vir ’n gesprek.
En deur Ons genade het Ons aan hom sy broer Aäron gegee, ’n profeet.

– Koran, Soera 19:51-53

Moses die profeet word as ’n voorganger van Mohammed beskou. Sy lewe het parallel met dié van Mohammed verloop, aangesien daar baie ooreenkomste is. In Islamitiese geskrifte word die eksodus uit Egipte vergelyk met Mohammed se migrasie (hidjra) van Mekka na Medina.

Moses is ook belangrik in Islam omdat die Tora aan hom openbaar is, en dit word beskou as een van die ware geopenbaarde geskrifte – Moslems glo ’n groot deel van die Tora word in die Koran bevestig en herhaal. Volgens hulle is Moses ook een van die baie profete wat Mohammed tydens sy Nagreis deur die hemel ontmoet het. In die Islam word geglo Moses het Mohammed gevra om die getal gebede tot vyf te verminder, en dit word as die vyf verpligte gebede beskou.

Eksterne skakels

  • Die Koran-verse oor Moses
  • Gedetailleerde verhaal van Moses deur Ibn Kathir
  • Moslems se beskouing van Moses
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Moses in Islam.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia


ʾĀdam Iederies Nūḥ Hüd Salih Ibrāhīm Loet Ismāʿīl Iṣḥāq Yāqub Yūsuf Ajjoeb
آدم ادريس نوح هود صالح إبراهيم لوط اسمعيل اسحاق يعقوب يوسف أيوب
Adam Henog Noag Eber Selag Abraham Lot Ismael Isak Jakob Josef Job

Suayb Mūsa Haroen Dhoelkifl Dawud Süleyman Iljas Al-Yasa Yunus Zakarija Jahja ʿĪsā Mohammed
شعيب موسى هارون ذو الكفل داود سليمان إلياس اليسع يونس زكريا يحيى عيسى
Jetro Moses Aäron Esegiël Dawid Salomo Elija Elisa Jona Sagaria Johannes Jesus

Profete van Islam, soos in die Koran genoem.

Read next

In 41 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article