factograf
AF
Sign in

Dorp in KwaZulu-Natal, Suid-Africa

Ladysmith

Ladysmith

Key facts

datum van stigting of ontstaan1850
is 'ndorp
landSuid-Afrika
geleë in administratiewe eenheidEmnambithi/Ladysmith Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 22
Land
Suid-Afrika
Provinsie
KwaZulu-Natal
Distrik
Uthukela
Munisipaliteit
Alfred Duma
Stigting
1850
• Totaal
84,13 km2 (32,48 vk. myl)
• Totaal
64 855
• Digtheid
771/km2 (2 000/vk. myl)
• Wit mense
8.3%
• Indiërs/Asiërs
15.0%
• Bruin mense
2.9%
• Swart mense
73.3%
• Ander
0.5%
• Zoeloe
64.3%
• Engels
22.8%
• Afrikaans
6.3%
• Suid-Sotho
2.2%
• Ander
4.5%
Poskode (strate)
3370
Poskode (posbusse)
3370
Skakelkode
036
Webwerf
ladysmith.kzn.org.za

Ladysmith is 'n groot dorp aan die oewer van die Kliprivier, in die uThukela-distrik van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is 230 km noordwes van Durban en 365 km suidoos van Johannesburg.

Geskiedenis

Ladysmith se stadsaal nadat granaatvuur die kloktoring beskadig het.
Ladysmith se stadsaal nadat granaatvuur die kloktoring beskadig het.

In 1847 het 'n aantal Voortrekkers hulle in die gebied gevestig en die dorp is in 1850 gestig as die hoofstad van die Republiek van Kliprivier met Andries Spies as hulle kommandant. Die republiek is in dieselfde jaar reeds deur die Britte geannekseer. Die dorp is vernoem na Juana María de los Dolores de León Smith, wat ook bekend gestaan het as Lady Smith, die Spaanse vrou van sir Harry Smith, die goewerneur van die Kaapkolonie. 'n Fort is in 1879 gebou om die dorpenaars teen die Zoeloes te beskerm.

Tweede Vryheidsoorlog

Ladysmith het wêreldbekendheid verwerf toe dit vir 118 dae, van 2 November 1899 tot 28 Februarie 1900, tydens 'n deurslaggewende stadium van die Tweede Vryheidsoorlog, deur magte van die ZAR en Oranje-Vrystaat beleër is. 3 000 Britse soldate het tydens die beleg omgekom. Vier veldslae is geveg om Ladysmith te bevry. Die Britte verloor agtereenvolgens die slae van Colenso, Spioenkop en Vaalkrans alvorens hulle uiteindelik by Pietershoogte deurbreek om Ladysmith te bevry.

Ekonomie

Belangrike nywerhede in die gebied sluit in voedselverwerking, tekstiel en die vervaardiging van motorbande.

Geografie

Vloede

Sedert die stigting van die dorp is dit gereeld deur vloedwater van die Kliprivier geteister. in 1997 is die Qedusizi-dam voltooi as 'n vloedverswakkingsdam. Die Zoeloenaam van die dam beteken “einde van lyding”. Die Spioenkop-natuurreservaat is 25 km van Ladysmith geleë.

Monumente en gedenktekens

Imperial Light Horse gedenkteken op Platrand
Imperial Light Horse gedenkteken op Platrand
Die Burger gedenkteken
Die Burger gedenkteken
Britse gedenkteken op Spioenkop
Britse gedenkteken op Spioenkop
Besoekersinligting op Spioenkop
Besoekersinligting op Spioenkop
4 images

Platrand/Wagon Hill

Aan die suidekant van Ladysmith is 'n area wat aksie gesien het gedurende die beleg van Ladysmith. Die Burger Gedenkteken op Wagon Hill was onthul ter ere van die Boere magte wat gedurende die beleg en bevryding van Ladysmith gesneuwel het.

Op Platrand is daar 'n gedenktekens vir Imperial Light Horse, die Devonshire Regiment, die Earl of Ava en ander.

Spioenkop

Die groot slagveld ongeveer 30 km buite Ladysmith bevat die grafte van Britse soldate en gedenktekens, onder andere 'n Boere gedenkteken, Britse gedenkteken, South Lancashire gedenkteken en Imperial Light Infantry gedenkteken.

Castor et Pollux

Twee RML 6.3-duimkanonne wat deur die Britse magte gebruik is tydens die beleg staan vandag voor die stadsaal.

Mohandas Gandhi standbeeld

'n Standbeeld van Mohandas Gandhi kan gesien word in die Lord Vishnu tempel.

Trivia

  • Tydens die Boereoorlog het Mohandas Gandhi 'n draagbaarkorps by Ladismith gevestig. Daar is 'n standbeeld van hom by die Lord Vishnutempel in Ladysmith.
  • Dit was die tuisdorp van Joseph Shabalala, stigter van die sanggroep Ladysmith Black Mambazo.
  • Dit is die geboorteplek van "Sugar Boy" Malinga, voormalige bokskampioen.

Sien ook

Bronnelys

  • Davis, Ilse: 120 days ordeal by fire. In: South African Panorama. Jaargang 32, nr. 7, Julie 1987. ISSN 0038-254X
  • Edwin, N.: Siege of Ladysmith 80 years ago on 2 November 1899. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 1, Desember 1979

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ladysmith.
  • Webwerf van Ladysmith, KwaZulu-Natal

Read next

In 32 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article