factograf
AF
Sign in

Taal van die Zoeloe volk

Zoeloe

Zoeloe
Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Zoeloetaliges in 2011: ██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60% ██ 60–80% ██ 80–100%
Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Zoeloetaliges in 2011: ██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60% ██ 60–80% ██ 80–100%
Geografiese verspreiding van Zoeloe in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011: ██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km² ██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²
Geografiese verspreiding van Zoeloe in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011: ██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km² ██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²
Drietalige apartheidsteken in Durban in Engels, Afrikaans en Zoeloe, wat aandui dat die strand gereserveer is vir gebruik deur die witrassegroep
Drietalige apartheidsteken in Durban in Engels, Afrikaans en Zoeloe, wat aandui dat die strand gereserveer is vir gebruik deur die witrassegroep
3 images
Hierdie artikel handel oor die Zoeloetaal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Zoeloes.

Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is die taal van die Zoeloes en is een van die twaalf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 11,6 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Omtrent 15,7 miljoen mense gebruik Zoeloe as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die grootste aantal Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook nouverwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal beskou word.

Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos Prof. Dirk Ziervogel, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Zoeloe skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit byna onmoontlik om geskrewe geskiedenis in Zoeloe te vind.

Woorde

Algemene woorde en frases:

Afrikaans Zoeloe
Welkom Ukwemukela (naamwoord) / Emukela (werkwoord)
Dankie Ngiyabonga
Goeiedag / Hallo Sawubona (enkelvoud) / Sanibonani (meervoud)
Totsiens Sala kahle (bly wel) / Hamba kahle (gaan wel)
Rook verbode Akubhenywa
Geen ingang Akungenwa
Pasop vir die trap Qaphela isitebhisi
Pasop! Qaphela!
Veels geluk met jou verjaarsdag Usuku lokuzalwa oluhle
Seisoengroete Izilokotho Ezinhle Zamaholide
Geseënde Kersfees Ukhisimusi omuhle
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Ukhisimusi omuhle nonyaka omusha onenjabulo

Sien ook

Eksterne skakels

  • Zoeloe-Engels/Engels-Zoeloe Woordeboek

Taalhulpmiddels

  • Vry en gratis Zoeloe speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Geargiveer 9 Februarie 2007 op Wayback Machine

Sagteware in Zoeloe

  • Mozilla Firefox Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - webblaaier
  • Mozilla Thunderbird Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - e-posprogram
  • OpenOffice.org Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - kantoorsuite
  • Translate.org.za Geargiveer 28 Junie 2007 op Wayback Machine - 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Zoeloe en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal
  • Pootle Geargiveer 3 Junie 2012 op Wayback Machine - aanlyn vertaling van Zoeloe oopbronsagteware




Read next

In 117 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article