
Kerseiland (Engels: Christmas Island), amptelik die Gebied Kerseiland (Territory of Christmas Island), is 'n eiland in die Indiese Oseaan, 350 km suid van Java, wat tot die Australiese Gemenebes behoort. Dit is in die 17de eeu ontdek.
Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 135 km² en het in 2012 'n bevolking van 1 843 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Flying Fish Cove. Die eiland is veral bekend vir die groot aantal rooi krappe wat daar voorkom. Die hoogste punt is 361 m bo die seevlak.
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "Christmas Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 September 2022.
- (en) "Christmas Island". Central Intelligence Agency. Besoek op 21 September 2022.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kerseiland.
- Toerisme-inligting oor Kerseiland op Wikivoyage
| Deelstate: | Nieu-Suid-Wallis • Queensland • Suid-Australië • Tasmanië • Victoria • Wes-Australië |
| Interne gebiede: | Australiese Hoofstadgebied • Jervisbaaigebied • Noordelike Gebied |
| Eksterne gebiede: | Ashmore- en Cartiereilande • Australies-Antarktiese Gebied • Heard- en McDonaldeilande • Kerseiland • Kokoseilande • Koraalsee-eilande • Norfolkeiland |
