factograf
AF

Kalifornium

Kalifornium
98 berkelium ← Kalifornium → einsteinium
Dy
↑
Cf
↓
Upb
Hoofartikel: Isotope van kalifornium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
248Cf sin 333,5 d α (100%) 6,369 244Cm
249Cf sin 351 j α (100%) 6,295 245Cm
250Cf sin 13,08 j α (99,92%) 6,129 246Cm
251Cf sin 898 j α 6,172 247Cm
252Cf sin 2645 j α (96,91%) 6,217 248Cm
253Cf sin 17,81 d β− (99,69%) 0,29 253Es
254Cf sin 60,5 d Ss (99,69%)

Algemeen Naam, simbool, getal Kalifornium, Cf, 98 Chemiese reeks Aktiniede Groep, periode, blok n/b, 7, f Voorkoms Silwer Atoommassa 251 g/mol Elektronkonfigurasie [Rn] 5f10 7s2 Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 28, 8, 2 Fisiese eienskappe Toestand vastestof Digtheid (naby k.t.) 15,1 g/cm³ Smeltpunt 1173 K
(900 °C) Kookpunt 1743 (skatting) K
(1470 °C) Smeltingswarmte kJ/mol Verdampingswarmte kJ/mol Atoomeienskappe Kristalstruktuur dubbel seskantige diggepakte Oksidasietoestande 2, 3, 4 Elektronegatiwiteit 1,3 (Skaal van Pauling) Ionisasie-energieë 1ste: 1 kJ/mol 2de: 608 kJ/mol 3de: kJ/mol Kovalente radius pm Diverse Magnetiese rangskikking Elektriese resistiwiteit (20 °C) Ω·m Termiese geleidingsvermoë (300 K) W/(m·K) CAS-registernommer 7440-71-3 Geskiedenis Genoem na Kalifornië, waar dit ontdek is Ontdek deur Lawrence Berkeley National Laboratory Ontdek 1950 Vernaamste isotope Portaal Chemie

Kalifornium is 'n chemiese element met die simbool Cf en atoomgetal 98. Dit is 'n vermoedelik grys of silwerige aktinied.

Ontdekking

Kalifornium is vir die eerste keer gesintetiseer deur Stanley Thompson, Kenneth Street, Albert Ghiorso en Glenn Seaborg aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley in 1950. Dit was die sesde transurane element wat ontdek is. Hulle bombardeer 242Cm met α-deeltjies in 'n siklotron, waarby die isotoop 245Cf ontstaan. Die naam kalifornium is afgelei van die naam van die universiteit, "University of California" in die staat van Kalifornië, waar die element ontdek is.

Toepassings

Omdat kalifornium slegs in klein hoeveelhede beskikbaar is, word dit alleen gebruik vir baie gespesialiseerde toepassings. Folies van 252Cf word by radiologiese navorsing as bron van neutrone en by die opsporing van goud en silwer gebruik. Dit is die swaarste element wat praktiese toepassings het.

Eienskappe

Hoewel daar a.g.v. die gebrek aan materiaal weinig ondersoek na die eienskappe van kalifornium uitgevoer kan word, is daar tog enkele data beskikbaar. 252Cf (halfleeftyd 2,6 jaar) verval teen ongeveer 3% deur spontane splyting, waarby neutronstraling ontstaan. Een mikrogram kan 170 miljoen neutrone per minuut uitstuur. Tot op hede is kalifornium nog nie in suiwer metaalagtige vorm waargeneem nie. Die enigste ioon wat stabiel is in waterige oplossing is kalifornium-3 wat onder andere in kalifornium-3-oksied (Cf2O3), kalifornium-3-chloried (CfCl3) en kaliforniumoksichloried (CfOCl) aangetref word.

Verskyning

Op die aarde kom kalifornium nie in die natuur voor nie. Dit kan gesintetiseer word in kernreaktors deur ligter kerne soos kurium met neutrone te bombardeer. Teleskopiese navorsing het getoon dat kalifornium wel in oorblyfsels van supernovas voorkom.

Isotope

Stabielste isotope
Iso RA (%) Halfleeftyd VV VE (MeV) VP
249Cf sin 351 j α 6,295 245Cm
250Cf sin 13,08 j α 6,128 246Cm
251Cf sin 898 j α 6,176 247Cm
252Cf sin 2,645 j α 6,217 248Cm

Daar is 19 radio-isotope van kalifornium bekend. Die mees stabiele isotoop is 251Cf met 'n halfleeftyd van byna 900 jaar. Ander relatief langlewende isotope is 249Cf en 250Cf met halveringstye van onderskeidelik 351 en 13 jaar. Alle ander isotope het halveringstye van minder as 2,7 jaar.

Toksikologie en veiligheid

Omdat kalifornium van nature nie in die biosfeer voorkom nie, is die risiko's nie noemenswaardig nie. Op plekke waar wel met kalifornium gewerk word, moet uiters versigtig met die materiaal omgegaan word as gevolg van die uiterse radioaktiwiteit. In kalifornium kom relatief baie spontane splytinge voor, en die daarby ontstane neutronstraling is baie deurdringend en kan radioaktiwiteit in ander materiaal veroorsaak.

Eksterne skakels

  • Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir kalifornium.
  • (en) webelements.com/californium/


AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend


Read next

In 134 languages

afአማርኛअंगिकाالعربيةالدارجةمصرىasturianuazərbaycancaбашҡортсаBasa Baliбеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиभोजपुरीবাংলাbrezhonegbosanskicatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄CebuanoکوردیcorsučeštinaчӑвашлаCymraegdanskDeutschΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomiføroysktfrançaisNordfriiskfurlanGaeilgeGàidhliggalegoગુજરાતીGaelg客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीFiji HindihrvatskiKreyòl ayisyenmagyarհայերենinterlinguaBahasa IndonesiaIdoíslenskaitaliano日本語la .lojban.JawaქართულიKabɩyɛқазақшаಕನ್ನಡ한국어комиkernowekкыргызчаLatinaLëtzebuergeschLimburgsLigurelietuviųlatviešuмакедонскиമലയാളംмонголमराठीкырык марыBahasa Melayuမြန်မာဘာသာनेपाल भाषाNederlandsnorsk nynorsknorskNovialoccitanlivvinkarjalaଓଡ଼ିଆpolskiPiemontèisپنجابیپښتوportuguêsRuna Simiromânăarmãneashtiрусскийसंस्कृतम्саха тылаsardusicilianusrpskohrvatski / српскохрватскиSimple Englishslovenčinaslovenščinashqipсрпски / srpskiSeelterskSundasvenskaKiswahiliதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยTagalogTürkçeтатарча / tatarçaئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvepsän kel’Tiếng ViệtWinaray吴语хальмгYorùbá文言閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文isiZulu

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article