factograf
AF

Hassium

108 bohrium ← hassium → meitnerium
Os
↑
Hs
↓
(Uhb)
Algemeen
Naam, simbool, getal hassium, Hs, 108
Chemiese reeks oorgangsmetaal
Groep, periode, blok 8, 7, d
Atoommassa (277) g/mol
Elektronkonfigurasie voorspel; [Rn] 5f14 6d6 7s2
Elektrone per skil voorspel; 2, 8, 18, 32, 32, 14, 2
CAS-registernommer 54037-57-9
Fisiese eienskappe
Toestand voorspel; vastestof
Voorkoms silwerig
Digtheid (naby k.t.) voorspel; 41 g/cm³
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande 8, (6), (5), (4), (3), (2)
Ionisasie-energieë 1ste: 733,3 kJ/mol
2de: 1 756,0 kJ/mol
3de: 2 827,0 kJ/mol
Geskiedenis
Ontdek 1984
Ontdek deur Sentrum vir Swaarioonnavorsing,
Darmstadt, Duitsland
Genoem na Hassia, Latyn vir Hesse
Datum van naam 1997
Vorige naam unniloctium (Uno)
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van hassium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
277Hs sin 30 s SS - --
271Hs sin 4 s α 9,27, 9,13 267Sg
270Hs sin 10 s α 9,02, 8,88 266Sg
269Hs sin 9,7 s α 9,21, 9,10, 8,97 265Sg
Portaal Chemie

Hassium is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 108 en simbool Hs. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en is radioaktief. Die stabielste bekende isotoop, hassium-269, het ’n halfleeftyd van ongeveer 9,7 sekondes, hoewel ’n onbevestigde toestand, hassium-277, ’n langer halfleeftyd van sowat 130 sekondes kan hê. Meer as 100 hassiumatome is reeds geskep.

Dit is genoem na Hassia, die Latynse naam vir die staat Hesse in Duitsland, waar dit ontdek is.

Op die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in groep 8 en periode 7. Dit is dus die sesde lid van die 6d-reeks oorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarder homoloog van osmium net bo dit. Sy eienskappe stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 8.

In groot hoeveelhede word verwag hassium sal ’n silwerige metaal wees wat geredelik met suurstof in die lug reageer en ’n vlugtige tetroksied vorm.

Eksterne skakels

  • Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir hassium.
  • Hassium by The Periodic Table of Videos (Universiteit van Nottingham)
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend


Read next

In 138 languages

afአማርኛaragonésअंगिकाالعربيةالدارجةمصرىasturianuazərbaycancaBasa BaliBikol Centralбеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиभोजपुरीবাংলাབོད་ཡིགbrezhonegbosanskicatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄CebuanoکوردیcorsučeštinaчӑвашлаCymraegdanskDeutschΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomiføroysktfrançaisNordfriiskfurlanGaeilgeGàidhliggalegoગુજરાતીGaelg客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीFiji HindihrvatskiKreyòl ayisyenmagyarհայերենinterlinguaBahasa IndonesiaIdoíslenskaitaliano日本語la .lojban.JawaქართულიKabɩyɛқазақшаಕನ್ನಡ한국어kurdîкомиkernowekкыргызчаLatinaLëtzebuergeschLimburgsLigurelietuviųlatviešuмакедонскиമലയാളംмонголमराठीкырык марыBahasa Melayuမြန်မာဘာသာэрзяньPlattdüütschनेपालीनेपाल भाषाNederlandsnorsk nynorsknorskNoviallivvinkarjalapolskiپنجابیپښتوportuguêsRuna Simiromânăarmãneashtiрусскийसंस्कृतम्sardusicilianuسنڌيsrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishslovenčinaslovenščinaSoomaaligashqipсрпски / srpskiSeeltersksvenskaKiswahiliதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยTagalogTürkçeтатарча / tatarçaئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvepsän kel’Tiếng ViệtVolapükWinaray吴语хальмгYorùbá文言閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文isiZulu

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article