factograf
AF

Hollywood (TV-reeks)

Hollywood (TV-reeks)
All data from the card 12
Genre
Drama
Geskep deur
Ryan Murphy Ian Brennan
Met
David Corenswet Darren Criss Laura Harrier Joe Mantello Dylan McDermott Jake Picking Jeremy Pope Holland Taylor Samara Weaving Jim Parsons Patti LuPone
Temamusiekkomponis
Nathan Barr
Oorsprong
VSA
Taal
Engels
Uitvoerende vervaardiger(s)
Ryan Murphy Ian Brennan Alexis Martin Woodall Janet Mock Eric Kovtun Ned Martel Darren Criss Jim Parsons David Corenswet
Vervaardiger(s)
Todd Nenninger Lou Eyrich Eryn Krueger Mekash
Regisseur(s)
Butch Wertman Andrew Groves Suzanne Spangler Lousine Shamamian
Venue(s)
Hollywood
Kinematografie
Simon Dennis Blake McClure
Produksiemaatskappy
Ryan Murphy Television Prospect Films

Hollywood is 'n Amerikaanse TV-minidramareeks wat op 1 Mei 2020 op Netflix uitgereik is. Dit gaan oor 'n groep aspirerende akteurs en fliekmakers tydens die Goue Tydperk ná die Tweede Wêreldoorlog in Hollywood.

Die reeks het gemengde resensies ontlok: Dit is geprys vir die toneelspel en produksiewaardes, maar gekritiseer vir die skryfwerk en kunstenaarsvryheid wat toegepas is. Dit het 12 benoemings vir die Emmys gekry en het twee gewen.

Storielyn

Die reeks verken die Hollywood van die laat 1940's, toe die tradisionele magsdinamika in die Amerikaanse rolprentbedryf stelselmatig afgebreek is en rassisme en homofobie iets van die verlede geword het.

Hoofkarakters

  • David Corenswet is Jack Castello, 'n veteraan van die Tweede Wêreldoorlog wat na Hollywood verhuis met die hoop om 'n akteur te word.
  • Darren Criss is Raymond Ainsley, 'n half-Filippynse aspirerende rolprentregisseur wat graag die grense in Hollywoord wil afbreek; Camille se kêrel.
  • Laura Harrier is Camille Washington, 'n opkomende swart aktrise wat vooroordeel beleef weens haar ras; Raymond se meisie.
  • Joe Mantello is Richard "Dick" Samuels, 'n direkteur van Ace Studios wat gay en in die kas is. Hank Stuever van The Washington Post beskryf hom as "intimiderned, maar ontvanklik".
  • Dylan McDermott is Ernest "Ernie" West, 'n koppelaar wat sy besigheid bedryf uit 'n vulstasie; hy neem Jack in diens.
  • Jake Picking is Roy Fitzgerald / Rock Hudson, 'n fiktiewe weergawe van die werklike akteur, en Archie se kêreld. Liz Cantrell van Town & Country beskryf dié weergawe van Rock Hudson as "jonk en onbekend. Hy probeer iewers kom en begin verstaan wie hy werklik is."
  • Jeremy Pope is Archie Coleman, 'n swart aspirerende draaiboekskryer wat vooroordeel beleef; Roy se kêrel.
  • Holland Taylor is Ellen Kincaid, 'n beampte van die ateljee en mentor vir aspirerende akteurs by Ace Studios. Cantrell het geskryf die karakter "kry wat sy wil hê en herken 'n ster as sy een sien".
  • Samara Weaving is Claire Wood, 'n opkomende aktrise, Camille se mededinger, en die dogter van Ace en Avis Amberg.
  • Jim Parsons is Henry Willson, 'n fiktiewe weergawe van die Hollywood-talentsoeker wie se kliënte Rock Hudson ingesluit het.
  • Patti LuPone is Avis Amberg, die vrou van Ace Amberg, die hoof van Ace Studios, en 'n voormalige aktrise.

Ontvangs

Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 59% gekry, gebaseer op 133 resensies,met 'n gemiddelde beoordeling van 6,1 uit 10. Op Metacritic het die reeks 'n gemiddelde van 56 uit 100 gekry, gebaseer op 35 resensies, wat dui op 'n "gemende of gemiddelde beoordeling".

Richard Roeper het die reeks in die Chicago Sun-Times twee en 'n halwe ster uit vier gegee en gesê dit "oorkom nie draaiboekprobleme wat omtrent in die helfte van die storie opduik nie".

Hugh Montgomery van die BBC het die reeks as "ruggraatloos en traag" beskryf en dit een uit vyf sterre gegee. Lucy Mangan van The Guardian het dit ook gekritiseer en twee uit vyf gegee. Sy het geskryf: "Dit kon die perfekte opset vir 'n gewaagde kykie na vooroordeel, korrupsie, sekshandel, dwangmiddels en die goed geoliede masjinerie van 'n bedryf gewees het asook hoe dit die geskiedenis gevorm het – alles deur 'n #MeToo-lens. Maar dit word 'n blote wensvervullende fantasie wat, of dit so bedoel is of nie, suggereer dat as 'n paar mense net 'n bietjie dapperder was, flieks – en dus die hele wêreld – 'n glorieryke egalistiese Eden sou gewees het."

Die tydskrif FAULT het die reeks geprys vir sy pragtige kostuums en die toneelspel van Dylan McDermott, Jeremy Pope en Samara Weaving, maar die gevaarlike optooiing van stelselmatige vooroordeel van die naoorlogse VSA gekritiseer. "Die enigste mense wat voordeel getrek het uit die uitwissing van Hollywood se wrede geskiedenis van rassisme en homofobie is die mense wat dit gedryf het."

Skakels

  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 26 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article