factograf
AF

openbare uitsaaier van die Verenigde Koninkryk

BBC

BBC
All data from the card 11
Tipe
Public broadcasting authority
Gestig
18 Oktober 1922
Hoofkantoor
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Sleutelpersone
John Reith, George Villiers (stigters)Sir David Clementi (voorsitter, BBC Trust)Anthony William Hall, Baron Hall of Birkenhead (direkteur-generaal)
Gebied bedien
Wêreldwyd
Industrie
Uitsaaidienste
Produkte
TV- en radioprogramme, internet-portale
Dienste
Televisie, radio, aanlyn
Inkomste
£5,166 miljard (2013/14)
Werknemers
22 401 (2018/19)
Webwerf
bbc.com
Die BBC se Art Deco-hoofkantoor op Portlandplein, Londen, met die nuwe Oosvleuel-uitbreiding (East Wing extension, aan die regterkant) wat in 2013 ingewy is
Die BBC se Art Deco-hoofkantoor op Portlandplein, Londen, met die nuwe Oosvleuel-uitbreiding (East Wing extension, aan die regterkant) wat in 2013 ingewy is

Die British Broadcasting Corporation (afgekort BBC) is die openbare uitsaaier van die Verenigde Koninkryk. Dit is in 1922 gestig as een van die oudste uitsaaiers ter wêreld. Sy hoofverantwoordelikheid is die uitsaai van onpartydige televisie- en radioprogramme in die Verenigde Koninkryk, op die Kanaaleilande en die Eiland Man. Volgens sy personeelgetal van 22 401 in 2019 (van wie 2 714 deur die kommersiële onderneming BBC Studios aangestel is) is dit die grootste uitsaaikorporasie ter wêreld.

Die BBC se hoofkwartier is in Broadcasting House op Portlandplein, Londen, met groot produksieateljees in Belfast, Birmingham, Bristol, Cardiff, Glasgow, Londen en Salford Quays (Groter Manchester) en kleiner ateljees dwarsoor die Verenigde Koninkryk.

Programme word aangebied deur hulle televisiesenders: BBC One, BBC Two, BBC Three (in Februarie 2016 omgeskep tot 'n suiwer internet-televisiediens), BBC Four, BBC Entertainment, BBC News 24 en BBC World; asook deur 'n aantal radiosenders waaronder BBC 1 tot en met 7. Die BBC se Wêrelddiens saai programme in meer as 30 verskillende tale uit en word oor die algemeen in die weste beskou as 'n gesaghebbende en objektiewe nuusbron.

In regtelike opsig is die BBC 'n halfoutonome uitsaaier wat volgens 'n Koninklike Oktrooi en onder 'n lisensie en ooreenkoms met die Britse minister van binnelandse sake bedryf word. Die BBC se bedrywighede word in die Verenigde Koninkryk hoofsaaklik deur televisielisensies gefinansier wat jaarliks deur alle Britse huishoudings, maatskappye en organisasies, wat enige toestel besit waarmee televisieprogramme ontvang kan word, betaal moet word. Die bedrag van dié lisensie word jaarliks deur die Britse regering vasgelê en deur die parlement goedgekeur.

Buite die Verenigde Koninkryk word radioprogramme regstreeks deur die BBC se Wêrelddiens of deur ander radiostasies op kontrakbasis uitgesaai. Internasionale radiodienste is vir die eerste keer op 19 Desember 1932 aangebied toe die BBC se Ryksdiens (BBC Empire Service) in die lewe geroep is. Intussen word ook televisieprogramme en aanlyndienste vir buitelandse gehore verskaf.

Alhoewel die Wêrelddiens gebruik maak van sommige nasionale BBC-geriewe in die Verenigde Koninkryk, veral wat nuusprogramme betref, word dit deur sy eie direkteur-generaal bestuur, terwyl sy bedryfskoste tradisioneel hoofsaaklik deur die Britse regering gedra is. Aangesien hierdie bydraes onafhanklik van Britse lisensiegelde vasgelê is en deur die Foreign and Commonwealth Office (Kantoor vir Buitelandse en Gemenebessake) se begroting gefinansier is, het die BBC se internasionale programinhoud – ten minste gedeeltelik – 'n doeltreffende werktuig vir die Britse regering se doeltreffende beleid verteenwoordig. Ná die hersiening van die Wêrelddiens se finansiële bestuur is planne aangekondig om internasionale programme in die toekoms uit nasionale lisensiegelde te finansier.

Eksterne skakels

Wiki-webtuistes

Amptelike webtuiste

  • (en) BBC.com - die BBC se amptelike webtuiste

Read next

In 132 languages

afአማርኛالعربيةالدارجةمصرىasturianuazərbaycancaتۆرکجهбашҡортсаžemaitėškaбеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиभोजपुरीbamanankanবাংলাbrezhonegbosanskicatalàCebuanoکوردیčeštinaчӑвашлаCymraegdanskDeutschZazakiΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomifrançaisFryskGaeilgeGàidhliggalegoAvañe'ẽગુજરાતીHausaעבריתहिन्दीhrvatskiKreyòl ayisyenmagyarհայերենBahasa IndonesiaIdoíslenskaitaliano日本語la .lojban.Jawaქართულიқазақшаភាសាខ្មែរಕನ್ನಡ한국어کٲشُرkurdîkernowekкыргызчаLatinaLëtzebuergeschລາວlietuviųlatviešuमैथिलीMalagasyмакедонскиമലയാളംмонголꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟमराठीBahasa MelayuMaltiမြန်မာဘာသာمازِرونیनेपालीLi NihaNederlandsnorsk nynorsknorskoccitanਪੰਜਾਬੀpolskiپنجابیپښتوportuguêsromânăрусскийсаха тылаScotsسنڌيsrpskohrvatski / српскохрватскиTaclḥitසිංහලSimple EnglishslovenčinaسرائیکیslovenščinaSoomaaligashqipсрпски / srpskiSundasvenskaKiswahiliꠍꠤꠟꠐꠤதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยTürkmençeTagalogTürkçeтатарча / tatarçaئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаTiếng ViệtWinaray吴语მარგალურიייִדישⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article