factograf
AF

Leier van Suriname (1980–1987, 2010–2020)

Desi Bouterse

Desi Bouterse

Key facts

geboortedatum13 Oktober 1945
sterfdatum23 Desember 2024
beroeppolitikus, militêre personeel
geboorteplekDomburg, Suriname
sterfplekSuriname
eggenootIngrid Bouterse-Figueira
All data from the card 14
Vise
Robert AmeeraliAshwin Adhin
Voorafgegaan deur
Ronald Venetiaan
Opgevolg deur
Chan Santokhi
Voorafgegaan deur
Ollanta Humala
Opgevolg deur
José Mujica
President
Johan FerrierHenk Chin A SenFred Ramdat Misier
Voorafgegaan deur
Nuwe amp
Opgevolg deur
Amp afgeskaf
Gebore
13 Oktober 1945 Domburg, Suriname
Sterf
23 Desember 2024 (op 79)
Politieke party
Nasionale Demokratiese Party (NDP)
Eggenoot/-note
Ingrid Figueira (tot 1990)Ingrid Waldring (1990–2024; sy dood)
Kind(ers)
Peggy, Dino, Jen-ai
Religie
Pinksterbeweging
Desi Bouterse as militêre leier van Suriname in 1980
Desi Bouterse as militêre leier van Suriname in 1980

Desiré Delano Bouterse (13 Oktober 1945 – 23 Desember 2024) was 'n Surinaamse militêre leier en staatshoof, asook die Nasionale Demokratiese Party (NDP) se voorsitter.

Bouterse se naam word vereenselwig met die militêre bewind wat Suriname van 1980 tot die begin 1990's beheer het. Op 25 Februarie 1980 het 'n militêre junta onder leiding van Bouterse 'n staatsgreep in Suriname uitgevoer. Hoewel die President in sy pos behou is, was die Voorsitter van die Nasionale Militêre Raad onder Bouterse die de facto heerser totdat hy in 1988 bedank het. Hy was self die president in 1982.

Bouterse was 'n leidende figuur in die burgeroorlog wat na-onafhanklikheidswording in Suriname uitgebars het en word blameer vir die sogenaamde Desember-moorde in 1982. Hy is ook beskuldig van betrokkenheid by dwelmhandel, en 'n Nederlandse hof het hom in absentia skuldig bevind aan onwettige kokaïenhandel in Julie 1999. Hy was steeds woonagtig in Suriname en kon nie uitgelewer word aan Nederland nie, vanweë sy status as voormalige staatshoof.

Ná die oorgang tot burgerlike regering, wat deur onderskeidelik Ronald Venetiaan, Jules Wijdenbosch en later weer Venetiaan gelei is, het Bouterse onsuksesvol gepoog om staatshoof te word in die algemene verkiesings.

Hoewel Bouterse in Nederland skuldig bevind is, was hy steeds op vrye voet in Suriname. Die Surinaamse regering is tans onsuksesvol besig om die Desember-moorde en Bouterse se rol daarin te ondersoek. Hy het enige betrokkenheid aan die moorde ontken.

By die verkiesings van 2010 is Bouterse verkies tot president van Suriname. Hy was president tot 2020, toe sy party die verkiesing verloor het en Chan Santokhi van die VHP president geword het.

Vonnis en dood

Bouterse is op 29 November 2019 deur die Surinaamse krygsraad tot twintig jaar tronkstraf gevonnis vir die Desember-moorde. Hy het egter teen sy skuldigbevinding geappelleer, en het vry gebly, afwagtend die appèluitspraak in Desember. Hy het nie vir die uitspraak opgedaag nie en het daarna weggekruip.

Desi Bouterse is op 23 Desember 2024 in die ouderdom van 79 oorlede ná 'n kort siekbed by sy skuilplek.

Eksterne skakels

Read next

In 59 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article