Bilzen (Limburgs: Bilze) is 'n Belgiese stad en voormalige munisipaliteit in die suidooste van die Vlaamse provinsie Limburg. Die voormalige munisipale gebied het sowat 31 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 76 km².
In die plek Rijkhoven lê die Alden Biesen, 'n baie groot kasteel.
Op 1 Januarie 2025 is hierdie munisipaliteit opgegaan in die nuwe munisipaliteit Bilzen-Hoeselt.
Plekke
Plekke in die voormalige munisipale gebied van Bilzen:
Beverst, Bilzen (stad), Eigenbilzen, Grote-Spouwen, Hees, Hoelbeek, Kleine-Spouwen, Martenslinde, Merem, Mopertingen, Munsterbilzen, Rijkhoven, Rosmeer, Schoonbeek, Sint-Jozefsparochie en Waltwilder.
Eksterne skakels
- (nl) Die amptelike webwerf van die voormalige munisipaliteit
