factograf
AF
Sign in

Vanrhynsdorp

Vanrhynsdorp

Key facts

bevolking6 272
oppervlakte5,99km²
is 'ndorp
landSuid-Afrika
datum van stigting of ontstaan1751
hoogte bo seevlak107m
All data from the card 20
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Wes-Kaap
Distrik
Weskus
Munisipaliteit
Matzikama
Stigting
1751
• Totaal
5,99 km2 (2,31 vk. myl)
• Totaal
6 272
• Digtheid
1 047/km2 (2 710/vk. myl)
• Wit mense
19.7%
• Indiërs/Asiërs
0.4%
• Bruin mense
71.9%
• Swart mense
6.9%
• Ander
1.0%
• Afrikaans
95.3%
• Engels
1.6%
• Xhosa
1.2%
• Ander
1.8%
Poskode (strate)
8170
Poskode (posbusse)
8170
Skakelkode
027

Vanrhynsdorp is 'n dorp in die Munisipaliteit Matzikama sowat 307 km noord van Kaapstad, 23 km oos van Vredendal en 80 km noord van Clanwilliam geleë in wat algemeen as die Noordweste bekend staan. Die dorp is langs die N7 nasionale pad geleë.

Geskiedenis

Vanrhynsdorp is in 1887 uitgelê, nadat die NG gemeente reeds in 1877 van Clanwilliam afgestig is. Dit is genoem na Petrus Benjamin van Rhyn, die eerste parlementslid vir Namakwaland. Hy was die grootvader van 'n latere minister van ekonomie, dr. A.J.R. van Rhyn. Dit het munisipale status in 1913 verkry, maar is nou deel van die munisipaliteit Matzikama, waarvan Vredendal die hoofdorp is.

Tweede Vryheidsoorlog

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het generaal Barry Hertzog die dorp op 19 Januarie 1901 beset. Hy was nog steeds in die dorp toe hy op 23 Januarie verneem het van die afsterwe van Koningin Victoria. Uit respek laat hy toe dat die magistraat die Britse vlag halfmas mag hang.

Wapens

Munisipaliteit (1) — Vanrhynsdorp se munisipale raad het in 1961 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer: In goud, 'n groen keper belaai met drie goue koringgerwe en vergesel van Namakwalandse madeliefies gestingel en geblaar van natuurlike kleur; 'n rooi skildhoof belaai met 'n staande merinoram van natuurlike kleur. Die wapenspreuk was Sterker deur eenheid.

Afdelingsraad — Die afdelingsraad (d.w.s. die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense) het in 1976 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In goud, 'n verhoogde golwende dwarsbalk van blou in die skildhoof vergesel van 'n druiwetros hangende aan 'n geblaarde wingerdrank van natuurlike kleur; 'n golwende skildvoet van rooi belaai met 'n aansiende ramkop van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n rooi veldblom tussen twee goue koringare. Die wapenspreuk was Bou aan die toekoms.

Munisipaliteit (2) — Die munisipale raad het in 1988 'n nuwe wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Kepersgewys verdeel, rooi en groen, 'n silwer keper vergesel van drie goue blomme, silwer geknop, gestingel en geblaar. Die helmteken was 'n silwer muurkroon met oor die middel heen 'n versmalde gewelfde goue dwarsbalk belaai met 'n ander van groen. Die wapenspreuk was weereens Sterker deur eenheid.

Opvoeding

Die dorp en onmiddellike omgewing het drie skole, waarvan een privaat is. Die gekombineerde Hoërskool Vanrhynsdorp het in 2008 336 leerders van graad een tot graad twaalf gehad, in 2010 370, in 2011 392 en in 2016 404, en die intermediêre Maskam Primêr het 694 leerders van graad een tot nege gehad (2016). Die laerskool Urionskraal Primêr het in 2011 36 leerders van graad een tot graad ses gehad, maar is sedertdien gesluit. Die Môrester Privaatskool het in 2010 32 leerders van gr. 1 tot gr. 12 gehad en in 2011 reeds 47. In 2016 het dit egter teruggesak tot net 18.

Read next

In 16 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article