factograf
AF
Sign in

Zoeloe Wikipedia

Zoeloe Wikipedia
All data from the card 7
Tipe webwerf
Wiki
Beskikbaar in
Zoeloe
Eienaars
Wikimedia Stigting
Skepper
Die gemeenskap
URL
http://zu.wikipedia.org/
Registrasie
Opsioneel
Huidige status
Aktief

Die Zoeloe Wikipedia is die Zoeloe-weergawe van Wikipedia, 'n gratis, ope-inhoud aanlynensiklopedie. Volgens die aantal artikels is dit die 167ste grootste Wikipedia-projek.

Aangesien Zoeloe onderling verstaanbaar is deur Xhosasprekers (albei is Nguni-tale) is dit moontlik om artikels uit die Zoeloe-uitgawe maklik in Xhosa te vertaal vir die Xhosa Wikipedia. Soortgelyke transwikipogings is aangewend vir die Skandinawiese taaluitgawes, soos die Sweedse, Noorse en Deense Wikipedias.

Daar is in Januarie 2012 voorgestel dat die Zoeloe Wikipedia gesluit word weens 'n gebrek aan aktiwiteit, 'n voorstel wat verwerp is in Maart 2012.

Die Wikipedia het tans 28 685 bladsye, waarvan 12 981 artikels is. Dit het 27 298 geregistreerde gebruikers, waarvan 103 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 131 581 wysigings aangebring en 0 lêers opgelaai.

Sien ook

Read next

In 31 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article