factograf
AF
Sign in

Zeerust

Zeerust

Key facts

datum van stigting of ontstaan1867
hoogte bo seevlak1 213m
is 'ndorp
landSuid-Afrika
geleë in administratiewe eenheidRamotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 21
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Noordwes
Distrik
Ngaka Modiri Molema
Munisipaliteit
Ramotshere Moiloa
Stigting
1867
• Totaal
57,09 km2 (22,04 vk. myl)
• Totaal
9 093
• Digtheid
159/km2 (410/vk. myl)
• Wit mense
25.3%
• Indiërs/Asiërs
7.4%
• Bruin mense
8.5%
• Swart mense
57.2%
• Ander
1.6%
• Afrikaans
35.1%
• Tswana
32.1%
• Engels
16.5%
• Noord-Sotho
1.2%
• Ander
15.1%
Poskode (strate)
2865
Poskode (posbusse)
2865
Skakelkode
018

Zeerust is 'n kommersiële dorp in die Ngaka Modiri Molema-distrik in Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is geleë in die Maricovallei, 135 kilometer wes van Rustenburg en ongeveer 240 kilometer noordwes van Johannesburg. Die N4 nasionale pad, die hoofverbindingsroete tussen Suid-Afrika en Botswana, loop ook deur die dorp. Groot beesplase word in die gebied gevind, sowel as koring-, mielie-, tabak- en sitrusplase. Daar is ook fluoriet- en chromietmyne in die omgewing. Toerisme vorm 'n vinnig-ontwikkelende bedryf.

Geskiedenis

Die oorspronklike naam van die plaas waarop die dorp gestig is was Sefathlani / Sebatlani (stowwerige plek) wat behoort het aan Casper Hendrik Coetzee, wat dit in 1858 gekoop het. Die plaas is later hernoem na Hazenjacht, en daarna Hazia / Hazeah. Casper Coetzee het Walter Seymore gekontrakteer om 'n kerk en 'n fort op die plaas te bou, maar hy (Casper) het gesterf voor hierdie voltooi is. In 1866, het die plaas in die hande van sy neef / swaer Diederik Jacobus Coetzee beland, wat die potensiaal van die ontwikkeling van 'n dorp op die plaas gesien het. Hy het enkele erwe uitgemeet met die idee om 'n dorp te begin. Hy het osrieme gebruik om die plotte af te meet in plaas van die aanvaarde opmeterskettings. Op 20 Maart 1867, is die eerste erwe van die nuutgestigte Coetzee-Rust per openbare veiling verkoop in Potchefstroom, voor die amptelike erkenning van die versoek om 'n dorp te begin kon verleen word. Die naam Coetzee se Rust is later verkort tot Zeerust. Munisipale status is verkry op 18 Maart 1936.

Zeerust was egter nie die eerste dorp in hierdie gebied nie. Die eer behoort aan Jacobsdal, 'n klein dorpie ongeveer 10 km suid van Zeerust geleë op die plaas Vergenoegd, naby die lusernstasie. Die gewildheid van Zeerust as handelsentrum het die einde van Jacobsdal beteken, en nou bestaan dit nie meer as 'n dorp nie.

Die belangrikste tale gebesig in Zeerust is Afrikaans (35%) en Tswana (32%) onderskeidelik. Die Batswana noem die dorp Sefatlhane. Na afloop van die demokratiese bedeling in 1994 is die naam van die munisipaliteit-Zeerust verander na Ramotshere Moiloa, 'n middel-20ste eeuse hoof van die Bahurutshe boo Moiloa, wat ook 'n politieke vyand van die apartheidsregering was.

Die stad is 'n kommersiële spilpunt vir die meeste van die dorpe in die Lehurutshe gebied, insluitend; Lekgophung, Supingstad, Moshana, Serake, Rietpan, Motswedi, Dinokana, Lekubu, Mosweu, Ntsweletsoku, Mokgola, Borakalalo en Gopane.

Sien ook

Bronne

  • Pieter de Jager(2001). "Die Korannafonteiners"

Read next

In 17 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article