factograf
AF
Sign in

Amerikaanse multinasionale internetkorporasie

Yahoo!

Yahoo!
All data from the card 12
Tipe
Aandelemaatskappy
Gestig
Januarie 1994 (as Jerry and David's guide to the World Wide Web)Maart 1995 (as Yahoo!)
Hoofkantoor
Sunnyvale, Kalifornië, Verenigde State
Sleutelpersone
Maynard Webb (voorsitter van die Raad)Marissa Mayer (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedien
Wêreldwyd
Industrie
internet
Produkte
verskeie
Inkomste
$4,68 miljard (2013)
Bedryfsinkomste
$589 miljoen (2013)
Netto inkomste
$1,36 miljard (2013)
Werknemers
12 200 (Desember 2013)
Webwerf
yahoo.com

Yahoo! Inc. is 'n Amerikaanse multinasionale internetkorporasie met sy hoofkantoor in Sunnyvale, Kalifornië. Dit is wêreldwyd bekend vir sy webportaal, die soekenjin Yahoo Soek en verwante dienste, insluitend Yahoo Directory, Yahoo Mail, Yahoo News, Yahoo Finance, Yahoo Groups, Yahoo Answers, advertensies, aanlynkartering, video-deel, fantasiesport en sy sosiale mediawebwerf. Dit is een van die gewildste kuberruimtes in Amerika. Volgens mediaberigte het ongeveer 700 miljoen mense Yahoo se webwerwe elke maand besoek. Yahoo beweer self dit lok "meer as die helfte van 'n miljard verbruikers elke maand in meer as 30 tale".

Yahoo! is in Januarie 1994 deur Jerry Yang en Dawid Filo gestig en is geïnkorporeer op 1 Maart 1995. Op 16 Julie 2012 is die voormalige uitvoerende hoof van Google, Marissa Mayer, aangewys as Yahoo! se uitvoerende hoof en voorsitter.

Volgens ComScore, het Yahoo! gedurende Julie 2013 vir Google oortref met die aantal Amerikaanse besoekers aan sy webwerwe, die eerste keer sedert Mei 2011. Dit is geskat op 196 miljoen Verenigde State besoekers, wat dus met 21 persent per jaar gestyg het.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 112 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article