factograf
AF

Waterbeertjie

Waterbeertjie

Waterbeertjies (Tardigrada) in 'n dierefilum wat tot die klade Ecdysozoa behoort.

Hulle is klein diertjies (tot 1,5 mm lank) wat in alle oseane, seë en ander water asook oor die hele wêreld op vogtige plekke op die land voorkom, dikwels in of op plantegroei. Daar is ongeveer 1000 spesies.

Hulle liggaam het vier paar pootjies sonder gewrigte wat kloue dra. Hulle is eutelies, wat beteken dat die liggaam altyd uit 'n bepaalde getal selle bestaan. Daar is geen bloedvate of asemhalingstelsel nie. Hulle het net soos die Arthropoda waaraan hulle verwant is, 'n kutikulum, 'n velletjie en soos ander Ecdysozoa vervel hulle. Die huid bestaan nogtans uit 'n albuminoïed-proteïen en nie uit chitien nie.

Eksterne skakels

  • Wikispecies het meer inligting verwant aan Waterbeertjie

Read next

In 96 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article