factograf
AF

Vlag van Oman

Vlag van Oman
All data from the card 4
Gebruik
Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel
Verhouding
1:2
Goedgekeur
18 Oktober 1995
Ontwerp
’n Vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in, van bo na onder, wit, rooi en groen met die landswapen in die skildhoek

Die nasionale vlag van Oman is op 18 Oktober 1995 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in, van bo na onder, wit, rooi en groen met die landswapen in die skildhoek.

Simboliek

Elk van die kleure het ’n simboliese betekenis:

  • Wit stel die Omaanse volk se vertroue in vrede en vooruitgang voor;
  • Groen stel vrugbaarheid en die groen van Oman voor;
  • Rooi is geneem uit die vorige Omanitiese vlag en stel die stryd teen buitelandse leërs voor.

Voorts stel wit die ou imamaat in die binneland voor en rooi die hoofstad Maskat.

Geskiedenis

Tot 1975 het Oman die eenvoudige rooi vlag van die inheemse Omane gebruik. In 1970 het die Sultan ’n nuwe nasionale vlag bekendgestel. ’n wit en groen baan is aan die wapperkant toegevoeg en die nasionale embleem, die wapen van die Albusaidi-dinastie is in die skildhoek aangebring.

Tussen 1970 en 1995 was die grootte van die horisontale rooi baan dunner as dié van die wit en groen bane (ongeveer een vyfde van die hoogte met die ander twee vyfdes elk).

  • Vlag van die Sultanaat Maskat tot 1970
    Vlag van die Sultanaat Maskat tot 1970
  • Vlag van Oman, 1970 tot 1985
    Vlag van Oman, 1970 tot 1985
  • Vlag van Oman, 1985 tot 1995
    Vlag van Oman, 1985 tot 1995
  • Vlag van die imamaat van Oman, 1856 tot 1970
    Vlag van die imamaat van Oman, 1856 tot 1970

Ander vlae

Die standaard van die Sultan van Oman is ’n rooi vlag met ’n dik groen rand (ongeveer een sesde van die hoogte van die vlag) en ’n dik rooi rand van dieselfde dikte daar rondom. Dit bevat die land se embleem in goud in die middel van die vlag.

  • Standaard van die Sultan van Oman
    Standaard van die Sultan van Oman
  • Vlootvaandel van Oman
    Vlootvaandel van Oman
  • Vaandel van die Sultan van Oman se Lugmag
    Vaandel van die Sultan van Oman se Lugmag

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 63 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article