factograf
AF
Sign in

Turksvy

Turksvy

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamOpuntia tuna
takson rangspesie

Die turksvy (Opuntia tuna) is 'n plant in die kaktusfamilie, Cactaceae. Turksvye is van Suid-Amerika na Suid-Afrika gebring, en word oor die algemeen as 'n ernstige pes en bedreiging beskou.

Turksvye het oorspronklik slegs in die Westelike Halfrond, oor die grootste gedeeltes van Noord- en Suid-Amerika, voorgekom. In die laat 1800's is turksvye na Australië gebring, waar hulle groot ekologiese skade in die oostelike state aangerig het. Hulle word ook in die Mediterreense streke van Noord-Afrika aangetref, veral in Tunisië, die mees noordelikste land van Afrika, sowel as die suidelike dele van Europa, veral op die eiland van Malta.

Die spesie kan met behulp van die turksvyvlieg uitgeroei word. Dit kan ook uitgekap en as veevoer gebruik word, maar die dorings moet eers afgebrand word.

Galery

'n Turksvy wat groei op 'n plaas in Noordwes, Suid-Afrika.
'n Turksvy wat groei op 'n plaas in Noordwes, Suid-Afrika.
4 images

Bronne

  • Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
  • Plants of the World Online

Eksterne skakels

Read next

In 13 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article