factograf
AF

Trompsburg

Trompsburg

Key facts

datum van stigting of ontstaan1891
is 'ndorp
landSuid-Afrika
geleë in administratiewe eenheidKopanong Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 23
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Vrystaat
Distrik
Xhariep
Munisipaliteit
Kopanong
Stigting
1891
• Tipe
Munisipaliteit
• Burgemeester
Xolile Mathwa (ANC)
• Totaal
16,2 km2 (6,3 vk. myl)
• Totaal
5 338
• Digtheid
330/km2 (900/vk. myl)
• Wit mense
6.6%
• Indiërs/Asiërs
0.5%
• Bruin mense
22.1%
• Swart mense
70.2%
• Ander
0.6%
• Suid-Sotho
41.3%
• Afrikaans
35.7%
• Xhosa
15.7%
• Engels
1.8%
• Ander
5.5%
Poskode (strate)
9913
Poskode (posbusse)
9913
Skakelkode
051

Trompsburg is 'n dorp in die provinsie Vrystaat (Suid-Afrika) en die ekonomiese sentrum van die Suid-Afrikaanse merinoskaapteelt. Die dorp is 37 km suid van Edenburg, 30 km noord van Springfontein en die N1 nasionale pad gaan langs die dorpie verby.

Geskiedenis

Trompsburgspoorwegstasie
Trompsburgspoorwegstasie
Verinneweerde stasie
Verinneweerde stasie
2 images

Met die bou van 'n spoorlyn in die gebied het die dorp ontwikkel op die plaas Middelwater, wat aan Jan en Bastiaan Tromp behoort het.

Die dorp se naam is verskeie kere gewysig. Dit het aanvanklik bekend gestaan as Jagersfontein Road, maar is later ter ere van Sir Hamilton John Goold-Adams, goewerneur van die Oranjerivierkolonie in die tydperk tussen 1902 en 1910, herdoop tot Hamilton. Die huidige naam herinner aan die oorspronklike eienaars van die plaas Middelwater.

Trompsburg het in 1902 munisipale status verkry.

Distrik

Die distrik is ongeveer 2 000 km² groot. Daar word hoofsaaklik met Merinoskape geboer.

Sien ook

Bron

Eksterne skakels

Read next

In 12 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article