factograf
AF
Sign in

Tempel

Tempel
Die Tempel van Hephaistos in Athene, Griekeland.
Die Tempel van Hephaistos in Athene, Griekeland.
Akshardham-tempel, ’n Hindoe-tempel in Nieu-Delhi, Indië.
Akshardham-tempel, ’n Hindoe-tempel in Nieu-Delhi, Indië.
Die Berg Ecclesia-tempel met sy ronde, 12-kantige gebou staan op ’n mesa, ’n berg met ’n plat top.
Die Berg Ecclesia-tempel met sy ronde, 12-kantige gebou staan op ’n mesa, ’n berg met ’n plat top.
3 images

’n Tempel (van die Latynse woord templum) is ’n struktuur wat vir godsdienstige of spirituele rituele en bedrywighede soos gebede en offerandes gebruik word. Die woord word gewoonlik gebruik vir sulke geboue in alle gelowe waar daar nie ’n meer spesifieke term soos kerk, moskee of sinagoge bestaan nie. Dit sluit in Hindoeïsme, Boeddhisme, Bahaïsme, Djainisme en Zoroastrisme, asook antieke godsdienste soos dié van Antieke Egipte, Antieke Griekeland en Antieke Rome.

Beskrywing

Die vorm en funksie van ’n tempel verskil grootliks van geloof tot geloof, maar dit word gewoonlik beskou as die "huis" van een of meer gode. Benewens ander rituele word die een of ander vorm van offerandes aan die godheid gemaak. ’n Spesiale groep kerkamptenare is verantwoordelik vir die instandhouding en werking van die tempel. Die mate waarin gelowiges toegang tot die gebou het, wissel grootliks. Soms word net geestelikes in sekere dele van die tempel toegelaat.

Die woord kom uit Antieke Rome, waar ’n templum ’n heilige ruimte was soos deur ’n priester, of augur, aangewys. Dit het dieselfde stam as die woord template, ’n plan vir ’n gebou wat die augur op die grond uitgewys het.

Die woord word deesdae algemeen gebruik vir ’n plek van aanbidding, selfs van voor die Romeinse tydperk.

Sien ook

Bronne

  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels


Read next

In 103 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article