factograf
AF
Sign in

Tamils

Tamils
All data from the card 4
Totale bevolking:
ca. 75 miljoen
Taal:
Tamil
Geloofsoortuiging:
Oorwegend: HindoeïsmeMinderhede: Islam • Christendom • Djainisme • Boeddhisme
Verwante etniese groepe:
Drawide • Telugus • Kannadigas • Tuluvas • Malayalis • Indo-Ariërs • Giraavarus • Singalese
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tamil.

Die Tamils (Tamil: தமிழர், tamiẓar (enkelvoud) [t̪ɐmɪɻɐɾ], of Tamil: தமிழர்கள், tamiẓarkaḷ (meervoud) [t̪ɐmɪɻɐɾxɐɭ]) is 'n Drawidiese etniese groep inheems aan Suid-Indië en Sri Lanka wat Tamil as moedertaal praat. Hulle vorm die grootste bevolkingsgroep in die Indiese deelstaat van Tamil Nadu en die uniegebied van Puducherry asook van die noordelike en oostelike provinsies van Sri Lanka. Tamils is die grootste etniese groep ter wêreld sonder 'n eie onafhanklike land. Tamils vorm byna 25% van Sri Lanka (die ander 75% is Singalese in die suidelike en westelike provinsies), 5,9% van Indië, 5,8% van Mauritius, 5,7% van Maleisië en 5% van Singapoer se bevolking.

Wêreldwyd leef sowat 75 miljoen Tamils, waarvan omtrent 61 miljoen in Indië, byna 4 miljoen in Maleisië en meer as 3 miljoen in Sri Lanka. In Suid-Afrika leef sowat 250 000 Tamils, veral in die provinsie van KwaZulu-Natal. Hulle behoort tot die Indiese Suid-Afrikaners.

Eksterne skakels

Read next

In 75 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article