

Die Senkaku-eilande (尖閣諸島 Senkaku Shotō?) is 'n groep van onbewoonde eilande in die Oos-Chinese See. Hulle word ook genoem die Diaoyudao-eilande (釣魚島) en Diaoyutai-eilande (釣魚台群島).
Die groep van eilande en die rotse is oos van die vasteland van China, noordoos van Taiwan, wes van Okinawa en noord van die suidwestelike einde van die Ryukyu-eilande gelêe. Dit is sowat 200 km van Taiwan en sowat 300 km van Okinawa afgelêe.
Omstredenheid
Beheer oor hierdie eilande en die rotse word betwis. Die geskil se probleme is kompleks.
Die Japannese regering beskryf die eilande as deel van Japan.
Die eilande word ook beskryf as deel van China, Daar is konflikte in die posisies van die Volksrepubliek China en die Republiek China.
Die Verenigde State het die eilande van 1945 tot 1972 beset, toe hulle teruggekeer het na Japan. Die amptelike posisie van die VSA is neutraal in 'n geskil tussen Japan, China en Taiwan.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Senkaku-eilande.
- (en) Japan: soewereiniteit, Japan Ministerie van Buitelandse Sake
- (en) China: soewereiniteit, Renmin Ribao
- (en) Taiwan: soewereiniteit, Republiek van China, die Ministerie van Buitelandse Sake
