factograf
AF
Sign in

Samuel de Champlain

Samuel de Champlain

Key facts

geboortedatum13 Augustus 1567
sterfdatum25 Desember 1635
beroepontdekkingsreisiger, geograaf, militêre personeel
geboorteplekHiers-Brouage
sterfplekQuebecstad
All data from the card 5
Gebore
Samuel Champlaingedoop op 13 Augustus 1574Brouage of La Rochelle, Aunis, Frankryk
Sterf
25 Desember 1635Quebecstad, Quebec, Nieu-Frankryk (tans Kanada)
Nasionaliteit
Fransman
Beroep
navigator, kartograaf, soldaat, ontdekkingsreisiger, administrateur en kanselier van Nieu-Frankryk
Bekend vir
verkenning van Nieu-Frankryk, stigting van Quebecstad, "Vader van Nieu-Frankryk" genoem

Samuel de Champlain (gedoop op 13 Augustus 1574 in Brouage of La Rochelle, Aunis, Frankryk; † 25 Desember 1635 in Quebecstad, Kanada) was 'n Franse ontdekker, navorser, koloniale pionier en van 1633 tot 1635 die eerste goewerneur van Kanada. Hy word ook die "Vader van Nieu-Frankryk" genoem.

De Champlain stig in 1608 Quebecstad, die huidige hoofstad van die Provinsie Quebec. Tydens sy ekspedisies in die binneland van Kanada doen hy navorsing oor die Saint-Laurentrivier en ontdek in 1615 die Huronmeer. Hy lewer 'n waardevolle bydrae tot die vroeë kartografie van Kanada en beskryf in sy etnologiese geskrifte die gebruike en sedes van die Eerste Nasies. 'n Aantal stamme van die Eerste Nasies word sy bondgenote in die stryd teen die Britse koloniale troepe in Noord-Amerika.

Read next

In 68 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article