factograf
AF

Robot

Robot

'n Robot is 'n masjien, veral een wat deur 'n rekenaar programmeerbaar is, wat in staat is om 'n ingewikkelde reeks aksies outomaties uit te voer. Robotte kan deur 'n eksterne beheertoestel gelei word, of die beheer kan binne die robot ingebed wees. Robotte kan gebou word sodat hulle soos mense lyk, maar die meeste robotte is masjiene wat ontwerp is om 'n taak uit te voer sonder om hul estetika in ag te neem.

Robotte kan outonoom of semi-outonoom wees. Deur 'n lewensgetroue voorkoms na te boots of bewegings te outomatiseer, kan 'n robot 'n gevoel van intelligensie of eie gedagtes oordra. Dit word verwag dat outonome dinge in die komende dekade sal vermeerder, met tuisrobotika en outonome-karre as van die belangrikste drywers.

Die tak van tegnologie wat handel oor die ontwerp, konstruksie, werking en toepassing van robotte, sowel as rekenaarstelsels vir die beheer, sensoriese terugvoer en inligtingverwerking staan bekend as robotika.

Etimologie

Die woord robot is deur die Tsjeggiese tussenoorlogskrywer Karel Čapek aan die publiek bekendgestel in sy toneelstuk Rossumovi Univerzální Roboti (Rossum se Universele Robotte), wat in 1920 gepubliseer is. Karel noem egter sy broer Josef Čapek as die ware uitvinder van die term robot. Die woord 'robot' self was nie nuut nie, omdat dit reeds in die Slawiese taal robota (dwangarbeider) was, 'n term wat die kleinboere wat verplig was tot diens onder die feodale stelsel geklassifiseer het. Die fiktiewe verhaal van Čapek postuleer die tegnologiese skepping van kunsmatige menslike liggame sonder siele, en die ou tema van die feodale robotota-klas pas goed met die verbeelding van 'n nuwe klas vervaardigde kunsmatige werkers.

Eksterne skakels

Read next

In 139 languages

afAlemannischአማርኛaragonésÆngliscOboloالعربيةمصرىঅসমীয়াasturianuazərbaycancaتۆرکجهбашҡортсаBoarischžemaitėškaBikol Centralбеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиবাংলাབོད་ཡིགbrezhonegbosanskicatalàнохчийнᏣᎳᎩکوردیčeštinaчӑвашлаCymraegdanskDeutschZazakiΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraestremeñuفارسیsuomivõrofrançaisFrysk贛語kriyòl gwiyannengalegoAvañe'ẽHausaעבריתहिन्दीFiji HindihrvatskimagyarհայերենinterlinguaBahasa IndonesiaIlokanoIdoíslenskaitaliano日本語PatoisJawaქართულიGĩkũyũқазақшаಕನ್ನಡ한국어kurdîкыргызчаLatinalombardລາວlietuviųlatviešuMinangkabauмакедонскиമലയാളംमराठीBahasa Melayuမြန်မာဘာသာPlattdüütschनेपालीNederlandsnorsk nynorsknorskNouormandoccitanਪੰਜਾਬੀPicardpolskiPiemontèisپنجابیپښتوportuguêsRuna Simiရခိုင်romani čhibromânăрусскийᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤsicilianuScotsسنڌيsrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishslovenčinaسرائیکیslovenščinaSoomaaligashqipсрпски / srpskiSundasvenskaKiswahiliதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยtoki ponaTürkçeтатарча / tatarçaئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаTiếng ViệtWinaray吴语მარგალურიייִדישVahcuengh文言閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文isiZulu

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article