factograf
AF

dorp in Suid-Afrika

Phalaborwa

Phalaborwa

Key facts

bevolking13 108
datum van stigting of ontstaan1957
is 'ndorp
landSuid-Afrika
hoogte bo seevlak435m
geleë in administratiewe eenheidBa-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 25
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Limpopo
Distrik
Mopani
Munisipaliteit
Ba-Phalaborwa
Stigting
1957
• Tipe
Plaaslike Munisipaliteit
• Burgemeester
Merriam Malatji (ANC) (ANC)
• Totaal
193,33 km2 (74,65 vk. myl)
Hoogte
435 m (1 427 ft)
• Totaal
13 108
• Digtheid
68/km2 (180/vk. myl)
• Wit mense
56.4%
• Indiërs/Asiërs
1.5%
• Bruin mense
1.9%
• Swart mense
39.8%
• Ander
0.4%
• Afrikaans
51.0%
• Tsonga
11.1%
• Engels
15.1%
• Noord-Sotho
10.8%
• Ander
12.0%
Poskode (strate)
1389
Poskode (posbusse)
1390
Skakelkode
015
Webwerf
Phalaborwa trade and tourism

Phalaborwa is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê digby die Krugerwildtuin aan die oostekant van die provinsie, ongeveer 150 km oos van Polokwane, die hoofstad van die provinsie, en 104 km oos van Tzaneen.

Vroeëre geskiedenis

Die dorp is bo-op 'n groot vulkaniese pyp wat ongeveer 2 000 miljoen jaar gelede tydens 'n vulkaniese uitbarsting gevorm is. Die Mmakao-stam het hierdie pyp ontdek en dit ook vroeër ontgin. Hulle het later suidwaarts weggetrek, maar het toe weer teruggekeer. Die naam Phalaborwa beteken blykbaar "Dis beter hier as in die Suide" in Noord-Sotho, verwysend na die rustigheid wat inwoners hier gevind het ná hul skermutselinge met ander stamme (Zoeloes en Swazi's) verder suid. Die Mmakao-stam staan van toe af ook bekend as die Ba-Phalaborwa.

Mynbou

Die eerste kommersiële myn, die Guide Kopermyn, is in 1904 in bedryf gestel maar vervoerprobleme het die myn tot stilstand gedwing. In 1938 is 'n vermikulietmyn begin maar die groot sprong is gemaak in 1951 toe Foskor (die Fosfaat-Ontwikkelingskorporasie) gestig is om fosfaat daar te ontgin vir die vervaardiging van kunsmis. Die plaas Laaste is gekoop as dorpsgebied vir die mynwerkers. Die dorp is in 1957 gestig, wat dit een van die jongste dorpe in Suid-Afrika maak.

Die myne van Phalaborwa ontgin minerale soos fosfaat, koper, vermikuliet en yster uit die erts wat in die vulkaniese pyp voorkom. Die oppervlakte van hierdie pyp beslaan 20 km². Daar is 'n reusagtige oopgroefmyn met 'n oppervlakte van 1.5 km by 2.5 km wat so diep is dat die hoogste kantoorgebou van Johannesburg nie bo sou uitsteek as dit onder in die oopgroefmyn gestaan het nie.

Ekotoerisme

Toerisme en wildlewe speel 'n dominante rol in die lewe van dié dorp. Dit is die enigste dorp in Suid-Afrika wat grens aan die Nasionale Krugerwildtuin en die Mosambiekse grens is net twee ure se ry weg. Phalaborwa lê op die oomblik soos 'n eilandtjie omring deur talle wildreservate en natuurbewaringsgebiede. Die Wildtuin se Phalaborwahek is slegs 2 km oos van die dorp, en vele ander privaatreservate is noord, wes en suid hiervan geleë. Verskeie vulstasies, groot supermarkte en restaurante in die dorp maak dit moontlik vir 'n koel lafenis vir die keel asook puik etes voordat die pad na die Krugerwildtuin aangepak word.

Die Hans Merensky Gholflandgoed is op die rand van die dorp uitgelê. Nabygeleë natuurskoonaantreklikhede is Blyderivierspoort, die Drie Rondawels, God's Window en Bourke Luck se kolkgate; die Tzaneen vrugteplase en Hoedspruit se wildplase kan binne 'n dagreis besoek word.

Omgewing

Die dorp is bekend vir sy warm winters, slegs 5°C laer as die gemiddelde somertemperatuur van 31°C.

Bronne

Eksterne skakels

Read next

In 24 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article