factograf
AF

Egiptiese god

Osiris

Osiris

Osiris of Oesiris was in die Egiptiese mitologie die god van die hiernamaals, die onderwêreld en die dooies. Hy is gewoonlik uitgebeeld as ’n man met ’n groen vel en ’n farao se baard, met sy bene gedeeltelik soos ’n mummie s’n toegedraai, ’n kroon met twee groot volstruisvere weerskante, ’n staf en ’n dorsvleël.

Osiris is eens beskou as die oudste seun van die aardgod Geb en die luggodin Noet, en ook as die broer en metgesel van Isis. Soms was Horus sy seun wat ná sy dood opgewek is. As heerser van die dooies is Osiris ook soms die "koning van die lewendes" genoem omdat Antieke Egiptenare die geseënde dooies as "die lewendes" beskou het.

Eksterne skakels

  • Die Egiptiese god Osiris

Read next

In 92 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article