factograf
AF
Sign in

OK Go

OK Go
All data from the card 6
Oorsprong
Chicago, Illinois, VSAWashington, D.C., VSA
Genres
Poprock
Jare aktief
1998 — hede
Webwerf
www.okgo.net
Lede
Damian KulashTim NordwindDan KonopkaAndy Ross
Gewese lede
Andy Duncan

OK Go is 'n musiekgroep vanuit Chicago, Illinois (VSA) wat tans in Los Angeles, Kalifornië (VSA) gebaseer is. Die groep bestaan uit Damian Kulash (voorsang en kitaar), Tim Nordwind (baskitaar en agtergrondsang), Dan Konopka (tromme en perkussie) en Andy Ross (synths, kitaar en agtergrondsang), laasgenoemde wat in 2005 by die groep aangesluit het om Andy Duncan te vervang.

Die oorspronklike lede het OK Go in 1998 gevorm en het twee ateljeealbums vrygestel voordat Duncan die groep verlaat het. Die groep is bekend vir hul ongewone modesin en hul energieke musiekvideo's — veral dié van hul twee suksesvolste enkelsnitte, "A Million Ways" en "Here It Goes Again". Laasgenoemde het 'n Grammy-toekenning vir "Best Short-Form Music Video" in 2007 gewen.

Diskografie

  • OK Go (2002)
  • Oh No (2005)
  • Of the Blue Colour of the Sky (2010)
  • Hungry Ghosts (2014)

Lede

Huidig

  • Damian Kulash – hoofsanger, ritme-kitaar, klawerbord, programmering (1998–present)
  • Tim Nordwind – baskitaar, klawerbord, agtergrondsanger (1998–present)
  • Dan Konopka – tromme, perkussie (1998–present)
  • Andy Ross – hoof-kitaar, klawerbord, klavier, agtergrondsanger (2005–present)

Voormalige

  • Andy Duncan – hoof-kitaar, klawerbord, agtergrondsanger (1998–2005)

Toer musikante

  • Burleigh Seaver – klawerbord, perkussie (2002)
  • Ara Anderson – klawerbord, perkussie, trompet (2002, 2004)
  • Tom Brislin – klawerbord, perkussie (2004)
  • Jerry Welborn – kitaar, tromme [slegs tydens die groep se pouse]

Eksterne skakels

  • Amptelike webwerf (en)
  • Amptelike webjoernaal (en)

Read next

In 39 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article