factograf
AF
Sign in

Mugilidae

Mugilidae

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamMugilidae
takson rangfamilie

Die harders (Mugilidae) is 'n vis-familie wat aan die orde Mugiliformes behoort. Die familie bevat 17 genera en minstens 70 spesies. Sestien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die lywe van die familie het 'n silidriese vorm met 'n klein koppie. Daar is twee kleinerige dorsale vinne op die rug en die meeste spesies het gevurkte sterte. Die lyf en grootste gedeelte van die kop is bedek met klein skubbe. Die grootte wissel van 20 cm tot 1.2 m. Hulle eet kos wat op die bodem versamel. Die familie kom voor in riviermondings, strandmere en in sanderige baaie. Twee spesies word gevind in riviere en die varswater harder, Myxus capensis, gaan net see toe net om kuit te skiet. Hulle skiet normaalweg kuit in die winter en lente.

Genera

Die vogende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:

Genus: Crenimugil

Genus: Liza

Genus: Mugil

Genus: Myxus

Genus: Valamugil

  • Valamugil buchanani - Bloustert-harder
  • Valamugil cunnesius - Langarm-harder

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Read next

In 66 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article