factograf
AF
Sign in

Messier 75

Messier 75

Messier 75 of M75 (ook bekend as NGC 6864) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

M75 is sowat 67 500 ligjare van die Aarde af en sy skynbare deursnee is sowat 67 ligjare. Dit word as klas I geklassifiseer, wat beteken dit is een van die digste bekende bolvormige sterreswerms. Die absolute magnitude is sowat −8,5, of 180 000 keer dié van die Son.

Eksterne skakels

  • SEDS: Messier 75
  • Galactic Globular Clusters Database
  • Messier 75 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 75.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Read next

In 53 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article