factograf
AF
Sign in

Lelie

Lelie

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamLilium
takson ranggenus
beskryf deur bronOttův slovník naučný

Lelies, van die genus Lilium, is kruidagtige plante met groot blomme wat van bolle gekweek word. Hulle is in groot dele van die wêreld belangrik in die kultuur en letterkunde. Die meeste spesies kom natuurlik voor in die gematigde streke van die Noordelike Halfrond, hoewel van hulle ook in die noordelike subtropiese klimaatstreke voorkom. Lilium is die ware lelies; baie ander plante het "lelie" in hul naam, maar is nie werklik lelies nie.

Eienskappe

Die Lilium longiflorum-blom. 1. Stempel. 2. Styl. 3. Meeldrade. 4. Helmdraad. 5. Blomdekblaar.
Die Lilium longiflorum-blom. 1. Stempel. 2. Styl. 3. Meeldrade. 4. Helmdraad. 5. Blomdekblaar.

Lelies is hoë, meerjarige plante van 60 tot 180 cm hoog wat van bolle groei, hoewel sommige wortelstokke met verskeie bolle het. Sommige spesies ontwikkel uitlopers.

Die blomme is groot en dikwels geurryk, en blom in die laat lente of in die somer. Daar is ’n verskeidenheid kleure, onder meer wit, geel, oranje, pienk, rooi en pers. Merke sluit in kolle en strepe. Blomme kom in trosse of ’n skerm aan die punt van die stingel voor en het ses blomdekblare. Die blare is vrystandig en vorm nektar by die basis. Die vrugbeginsel is bostandig en die vrug is ’n kapsel (saaddoos) met drie selle.

In die koeler klimaatstreke is die blomme eenjarig en dormant in die winter.

Galery

Lilium canadense.
Lilium canadense.
'n Lelie met gekleurde punte.
'n Lelie met gekleurde punte.
Lilium 'Cappuccino'.
Lilium 'Cappuccino'.
Lilium 'Slate Morning'.
Lilium 'Slate Morning'.
Lilium 'African Queen'.
Lilium 'African Queen'.
Lilium 'Dizzy'
Lilium 'Dizzy'
Lilium 'Red Alert'.
Lilium 'Red Alert'.
Meeldrade vol stuifmeel.
Meeldrade vol stuifmeel.
Lilium 'Centerfold'.
Lilium 'Centerfold'.
Lilium 'Matrix'
Lilium 'Matrix'
10 images

Eksterne skakels

  • "The Plant List"
  • Aanlyn lelieregister
  • de Florum: Lilium-spesies Geargiveer 23 Mei 2013 op Wayback Machine
  • Wikispecies het meer inligting verwant aan Lelie
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Read next

In 104 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article