Stefani Joanne Angelina Germanotta (gebore 28 Maart 1986), beter bekend onder haar verhoognaam Lady Gaga is 'n Amerikaanse musikant en aktrise. Sy het begin deur in klubs in die New York Stad-area op te tree terwyl sy ook vir Interscope Records gewerk het as 'n liedjieskrywer vir verskeie gevestigde etikette, insluitende Akon. Nadat Akon Gaga hoor sing het, het hy haar 'n kontrak met sy eie plateëtiket, Kon Live Distribution, aangebied. Sy het toe aan haar eerste ateljeealbum begin werk.
Kinderjare en opvoeding
Stefani Joane Angelina Germanotta is op 28 Maart 1986 in New York gebore. Haar pa, Joseph Germanotta, is 'n internet-entrepreneur, en haar ma, Cynthia Germanotta, werk as 'n telekommunikasie-assistent. Gaga het haar eerste liedjie op dertien geskryf, met die naam "Om weer lief te hê," en, volgens die sanger, is dit in ongeveer 15 minute geskryf, terwyl haar pa besig was om sy motor te parkeer. Daarbenewens, het sy teen veertien begin om aan oop-mikrofoon-aande deel te neem. Op die ouderdom van elf is Gaga by 'n privaat Katolieke skool genaamd Sacred Heart Convent in Manhattan ingeskryf. Maar die sangeres sê dat sy nie uit 'n ryk familie kom nie, ondanks die feit dat sy in 'n privaatskool was.
Diskografie
Solo ateljeealbums
- The Fame (2008) (heruitgegee in 2009 as The Fame Monster)
- Born This Way (2011)
- Artpop (2013)
- Joanne (2016)
- Chromatica (2020)
- Mayhem (2025)
Samewerkende ateljeealbums
- Cheek to Cheek (met Tony Bennett) (2014)
- Love for Sale (met Tony Bennett) (2021)
Saamgestelde albums, hermengings en EP's
- 2006 - Red and Blue (Stefani Joane)
Filmografie
Film
- Machete Kills (2013)
- Sin City: A Dame to Kill For (2014)
- A Star Is Born (2018)
- House of Gucci (2021)
- Joker: Folie à Deux (2024)
Televisie
- American Horror Story: Hotel (2015–2016)
- American Horror Story: Roanoke (2016)
Eksterne skakels
- Amptelike webwerf (en)
- Lady Gaga se Sjinese webjoernaal (Asië)
- Lady Gaga in die Internet-rolprentdatabasis
