factograf
AF
Sign in

Ladismith

Ladismith

Key facts

oppervlakte25,8km²
datum van stigting of ontstaan1852
is 'ndorp
landSuid-Afrika
hoogte bo seevlak540m
geleë in administratiewe eenheidKannaland Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 19
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Wes-Kaap
Distrik
Tuinroete
Munisipaliteit
Kannaland
Stigting
1852
• Totaal
25,8 km2 (10,0 vk. myl)
• Totaal
7 127
• Digtheid
276/km2 (710/vk. myl)
• Wit mense
11.5%
• Indiërs/Asiërs
0.3%
• Bruin mense
81.3%
• Swart mense
6.4%
• Ander
0.5%
• Afrikaans
95.7%
• Engels
1.9%
• Ander
2.4%
Poskode (strate)
6655
Poskode (posbusse)
6655
Skakelkode
028
Berge naby Ladismith
Berge naby Ladismith
Die grootste laventelplaas in Suid-Afrika is naby Ladismith geleë
Die grootste laventelplaas in Suid-Afrika is naby Ladismith geleë
Die Evangelies-Lutherse kerk.
Die Evangelies-Lutherse kerk.
Ladismith se ou NG kerk, ontwerp deur Carl Otto Hager, staan nog, hoewel dit sedert 1942 nie meer die gemeente se kerkgebou is nie. Hans Fransen beskryf dit in Old Towns and Villages of the Cape as "Kaapse Gotiek op sy feestigste".
Ladismith se ou NG kerk, ontwerp deur Carl Otto Hager, staan nog, hoewel dit sedert 1942 nie meer die gemeente se kerkgebou is nie. Hans Fransen beskryf dit in Old Towns and Villages of the Cape as "Kaapse Gotiek op sy feestigste".
4 images
Vir die dorp in die provinsie KwaZulu-Natal, sien Ladysmith.

Ladismith is 'n dorp in die Kannaland munisipaliteit van die Tuinroetedistrik (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika). Die dorp is sowat 300 km oos van Kaapstad aan die Roete 62 tussen Barrydale en Calitzdorp geleë. Ander belangrike dorpe in die omgewing is Laingsburg (85 km van Ladismith af) en Oudtshoorn (100 km). Die dorpsnaam word met 'n "i" gespel om verwarring met Ladysmith in KwaZulu-Natal te voorkom.

Geskiedenis

Ladismith is in 1852 gestig en vernoem na Lady Juana Maria Smith (1798–1872), die eggenote van die destydse goewerneur van die Kaapprovinsie, sir Harry Smith.

Wapen

Ladismith het in 1862 'n munisipaliteit geword. Die raad het in 1970 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In goud, 'n blou berg met gesplete top belaai met 'n aansiende olifantskop van natuurlike kleur. Die helmteken is 'n eland met 'n heraldiese fontein tussen sy voorpote, uitkomend uit 'n rooi muurkroon; die wapenspreuk is "Deus saxum meum est".

Besienswaardighede

Besienswaardighede sluit die plaaslike kerkgeboue van die Pinksterbeweging en Lutherane en die geboortehuis van die bekende Afrikaanse digter C.J. Langenhoven in.

Die Anysberg Natuurreservaat is sowat 70 km noordwes van Ladismith geleë.

Ekonomie

Die plaaslike landboubedryf het sy eerste ekonomiese opswaai tydens die 19de eeuse volstruisveertydperk beleef. Vandag staan die gebied as die belangrikste produsent van appelkose in die Suidelike Halfrond bekend. Daarnaas dra ook skaapteelt, melkboerdery, pruime, nektariene en perskes by tot die ekonomiese welvaart van die gebied. Danksy die vrugbare landbougrond in die valleie en besproeiing verskil die gebied van Ladismith duidelik van sy barre omgewing.

Toerisme

Ladismith is 'n vertrekpunt vir toere na die Swartberge en rondritte na die ou sendingstasies Zoar en Amaliënstein, wat deur die Berlynse Sendinggenootskap gestig en na die Duitse weldoeneres Amalie von Stein vernoem is, die indrukwekkende Seweweekspoort en die verruklike Hoekovallei. Die natuurskoon van die streek het 'n aantal kunstenaars gelok wat hier hul ateljees geopen het.

Kookkuns

Die plaaslike restourante bied outentieke plattelandse kos aan.

Bekende boorlinge

Sien ook

Read next

In 18 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article